Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
• Gebed: Open met gebed.
• Lees:
• Luk 9:1
En Hy het sy twaalf dissipels SAAMGEROEP en aan hulle MAG en GESAG gegee…
• Luk 10:19
Kyk, EK GEE aan julle die MAG om op slange en skerpioene te trap, en oor al die KRAG van die vyand; en NIKS sal julle ooit SKADE doen nie.
• Luk 22:31-32
EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het VURIG BEGEER om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou GEBID, dat jou GELOOF nie OPHOU nie …
• 1 Thes 5:6,8
… Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons WAAK en NUGTER wees … met die BORSWAPEN van GELOOF en liefde aan, en as HELM die HOOP op die saligheid.
• 1 Thes 5:5
… Julle is almal KINDERS van die LIG … ons is nie van die nag of die duisternis nie.
• 1 Joh 5:4
Want ALLES wat uit God gebore is, OORWIN die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons GELOOF.
• Rom 13:12
… Laat ons dan die WERKE van die DUISTERNIS aflê en die WAPENS van die LIG aangord.
• Rom 13:14
… BEKLEE julle met die Here JESUS CHRISTUS, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
• 1 Tim 6:12
Stry die GOEIE STRYD van die GELOOF, gryp na die EWIGE LEWE, waartoe jy ook geroep is …
• Jak 4:7
ONDERWERP julle dan aan God; WEERSTAAN die DUIWEL, en hy sal van julle WEGVLUG.
• Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
• Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
• Gesels oor Rom 13:14 en 1 Tim 6:12, wat wil hierdie twee skrifte vir ons leer?
• Hoekom moet ons, ons met Christus beklee?
• Hoe kan ons die Goeie Stryd stry?
• Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Mag en Gesag”.
1. Maak tyd hierdie week om: “Dieper met God” te gaan. Maak tyd vir gebed, lof en aanbidding en stilte in God se teenwoordigheid. Vra die Here om jou te lei in hierdie week.
2. Waar moet jy hierdie week jou “Mag en Gesag” gebruik?