Onbeperkte Lewe – Deel 2
Joh 10:10 (53)
“Die dief kom net om te steel en te slag en te VERWOES. Ek het gekom, dat hulle LEWE en OORVLOED kan hê.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Neem ‘n papier en deel dit in die helfte. Aan die een kant skryf die opskrif: “Dinge Buite my beheer” Maak nou ‘n lysie van 5-10 dinge wat buite jou beheer is. Skryf nou die opskrif op die ander helfte: “My reaksie op hierdie dinge” Skryf nou langs elke situasie buite jou beheer ‘n reaksie (Hoe jy kan reageer) op hierdie situasie. Gesels oor hoekom jy so behoort te reageer.
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees Psalm 23
KERNTEKS VIR VANDAG:
Deut 30:19 (53)
Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Ware lewe, ‘n Onbeperkte, Oorvloedige Lewe kry jy slegs deur die regte keuses te maak. Jy moet die Ware Lewe kies. Jou totale fokus moet op Ware Lewe wees. Joh 10:10 kan in twee gedeeltes ingedeel word:
Joh 10:10 (a) Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes …
Ons almal maak ons skuldig aan die verkeerde fokus en ons fokus te veel op hierdie (a) gedeelte. Ons hoor hoe almal rondom ons praat en ons hoor hoe almal praat van alles wat verkeerd is en verkeerd gedoen word. Ons praat selfs saam met hulle en vertel van die verwoesting rondom ons. Dit wat ons beleef en sien is wel waar, maar ons moet leer om nie te fokus op wat die “dief” doen nie. Ons moet fokus op wat God doen.
Joh 10:10 (b) Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Christus se sterwe en opstandig bring vir ons Ware, Onbeperkte, Oorvloedige Lewe. Dit is hierdie Lewe wat Christus vir my gee, waarop ek moet fokus. Sien wat die dief doen deur die bril van die Ware Lewe en dit wat die dief doen word nie meer belangrik nie. Maar om deur hierdie bril te kyk kom nie maklik nie, dit is ‘n keuse wat ons elke dag moet neem.
Deut 30:19 Vra vir ons on te kies, om die lewe te kies. As kind van God besluit om altyd die lewe te kies.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte Lewe.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE LEWE” as jou vertrek punt.