Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 5
GEROEP tot ONSELFSUGTIG liefde.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Vertel van ‘n keer toe jy ONSELFSUGTIGE liefde ervaar het.
b) Vertel van ‘n keer toe jy ONSELFSUGTIGE liefde vir iemand anders gegee het.
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Efe 4:14 (DB)
Ons sal nie meer soos klein kindertjies onseker wees oor wat van ons verwag word nie. Ons sal nie soos ’n skip wees wat deur die golwe rondgeslinger word of deur die een wind hiernatoe en die ander wind daarnatoe gedryf word nie. Net so sal ons nie na elke nuwe godsdienstige praatjie op die mark luister nie. Mense probeer jou net met allerhande slimmighede om die bos lei om jou so op die verkeerde pad te laat beland. Maar hulle sal dit nie regkry nie. Ons sal in liefde lojaal teenoor mekaar en net op die pad van die waarheid bly.
Efe 4:15 (NLV)
Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof.
Efe 4:16 (NLV)
Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur (onselfsugtige)liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
God roep ons tot ‘n lewe van ONSELFSUGTIGE liefde. Sy uitnodiging is om ONSELFSUGTIGE liefde te GEE en om dit te ONTVANG. In Efe 4:14-16 verduidelik Paulus hoe ONSELSUGTIGE liefde nie lyk nie. Dit is nie ‘n liefde wat chaos veroorsaak nie. Dit is nie soos ‘n storm wat jou wil verdrink nie. Dit luister nie na elke praaitjie nie en dit glo nie elke storie nie. God roep Sy kerk om stabiliteit en gerustheid aan die omgewing om hom te bewerkstellig. Ons is deel van hierdie kerk. Die kerk word vergelyk met ‘n liggaam. God is die HOOF van die kerk. God bewys Sy ewige liefde aan ons en ons moet weer hierdie liefde aan die mense om ons uitstraal. God het ons EERSTE lief gehad. Hy het Sy SEUN in liefde na ons gestuur. Hy het ONSELFSUGTIG opgetree. Nou vra Hy vir ons om hierdie voorbeeld te volg en ONSELFSUGTIG op te tree teenoor die mense om ons.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ONSELFSUGTIGE LIEFDE” as jou vertrek punt.
1. Wat dink jy is ONSELFSUGTIGE LIEFDE?
2. Hoe kan jy ONSELFSUGTIGE LIEFDE aan die mense om jou bewys?