Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Kyk Terug In Dankbaarheid

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.
  • KYK na hierdie week se “Dankbaarheidsvideo”: Druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Gesels oor iets POSITIEF wat met jou gebeur het in hierdie jaar. Wat het jy geleer uit hierdie situasie?

b) Gesels oor iets NEGATIEF wat met jou gebeur het in hierdie jaar. Wat het jy geleer uit hierdie situasie?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

Luk 17:17-18 (NLV)

Toe merk Jesus op … Waar is die ander nege? Is daar niemand anders wat omgedraai (teruggekyk) het om God te loof (en te dank) nie?

Luk 17: 11-19 (DB) Tien melaatses word gesond

Op pad Jerusalem toe het Jesus deur Samaria en Galilea gereis. In een van die dorpe het tien melaatses op Hom afgekom. Hulle het ’n lelike velsiekte gehad wat veroorsaak het dat hulle nie tussen ander mense kon bly nie. Hulle het ’n hele ent van Jesus af gaan staan omdat hulle nie toegelaat is om naby gesonde mense te kom nie. Hulle roep toe hard uit: “Jesus, groot Leermeester, kry ons asseblief tog jammer!” Jesus sê toe vir hulle: “Gaan dadelik na die priester toe. Laat hy vir julle ’n sertifikaat gee as bewys dat julle gesond is.” Op pad soontoe het hulle melaatsheid verdwyn. Hulle vel was skielik weer normaal. Een van die mans was so bly daaroor dat hy dadelik omgedraai het. Hy het hardop begin bid en God se Naam grootgemaak. Die man het tot by Jesus gehardloop, voor Hom in die stof neergeval en vir Hom dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan. Toe sê Jesus vir hom: “Julle is mos tien persone wat nou net gesond geword het. Nou waar’s die ander nege dan? Dit lyk My hulle glo nie God het hulle eens en vir altyd genees nie. Daarom dat hulle nie omgedraai en kom dankie sê het soos jy nie. Jy begryp baie beter as daardie nege Israeliete wie Ek is. Staan nou op en gaan in vrede. Jou geloof het gemaak dat jou saak met God nou in orde is.”

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

In Luk 17:11-19 Lees ons van die genesing van die tien melaatses. Ons sien in die verhaal hoe tien genesing ontvang het, maar hoe slegs een teruggegaan het en vir Jesus bedank het vir sy genesing. Almal het gesond geword, maar net een was opreg dankbaar vir sy genesing. Hy het teruggegaan na Jesus toe.

Dit is ‘n baie goeie ritme om aan die einde van ‘n jaar terug te kyk oor die jaar wat verby is. Ons evalueer die jaar en ons kyk na beide Positiewe en Negatiewe gebeure. Ons kyk nie terug soos mense wat nie hoop het nie, of soos die nege melaatses wat nie dankbaar vir hul genesing was nie. Ons kyk terug oor die jaar deur die bril van DANKBAARHEID. Alles wat met ons gebeur het deur die jaar maak ons dankbaar. Ons is dankbaar omdat ons nog lewe. Ons is dankbaar omdat ons lewensbelewenis vir ons hoop en ‘n voorspoedige toekoms inhou. Ons is dankbaar en ons staan elke einde van die jaar stil by Jesus en ons betuig ons dank aan Hom.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit nodig om aan die einde van die jaar terug te kyk oor die jaar wat verby is?
  • Waarvoor is jy dankbaar?                                                                                                                                       
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Waarvoor is ek baie dankbaar?
        2. Hoe het God my lewe gerig in die jaar wat verby is?