Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Koning van Harte – Deel 2

Kwaliteit Tyd

1 Joh 4:19 (NLV)

Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Rom 5:5 (53)

… Omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Vertel van ‘n keer toe iemand kwaliteit tyd met jou spandeer het. Hoe het jy gevoel na die tyd?                                                                                                                        b) Hoe kan ons kwaliteit tyd met die mense om ons spandeer?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

1 Kor 13:4-5 (NLV)

Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Iemand het eendag gesê dat ons wêreld so besig geword het dat ons nie meer kwantiteit tyd (Groot Hoeveelheid tyd) het om met ons vriende, familie en die mense naby ons te kan spandeer nie. Tog is dit noodsaaklik om seker te maak dat die tyd wat ons wel het vir ons geliefdes en mense om ons, kwaliteit tyd is. Wanneer ons weet ons gaan tyd met ander spandeer, moet ons beplan hoe hierdie tyd gespandeer gaan word, sodat hierdie tyd nie net gemors word nie, maar dat hierdie tyd saam kwaliteit vir ons en die mense om ons is. Kwaliteit Tyd verg baie beplanning en dit is nodig om die vraag: “Wat wil ons met hierdie tyd bereik?” altyd te vra. Selfs die bietjie tyd wat ons met iemand spandeer moet deur hierdie vraag beïnvloed word.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit nodig om kwaliteit tyd met die mense om jou te spandeer?
  • Hoe maak ons tyd vir kwaliteit tyd?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Hoe kan jy in hierdie week meer tyd maak vir God?
        2. Hoekom is dit nodig om ook kwaliteit tyd vir God te maak?