Onse Vader – Deel 2:

 

Matt 6:9-10 (53)

Só moet julle dan bid: ONSE VADER wat in die hemele is, laat U Naam GEHEILIG word …

… laat U KONINKRYK kom; laat U WIL geskied, soos in die HEMEL net so ook op die aarde …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Waar kom ons daaglikse hulp vandaan? b) Hoekom is dit belangrik om daagliks met God te gesels (Bid)?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Matt 6:11 (53)
… GEE ons vandag ons daaglikse brood …

1 Joh 5:15 (83)
En nou kan ons met VRYMOEDIGHEID na God gaan, omdat Hy ons gebede VERHOOR as ons enigiets volgens Sy wil vra.

 

Efe 3:12 (83)
In ons verbondenheid met Hom en deur ons GELOOF in Hom kan ons met vrymoedigheid en VERTROUE na God gaan.

 

Heb 10:35 (83)
Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot BELONING in.

 

Heb 10:36 (83)
VOLHARDING is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ONTVANG wat Hy beloof het.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

As kind van God kan ons vra vir voorsiening. Jesus leer ons om te bid vir die voorsiening van daaglikse behoeftes. Dit is belangrik om te besef dat dit God is wat voorsien. Dit is Hy wat na ons kyk. Ons vertroue is in Hom. Ons geloof is in God. Hy voorsien. Daarom kan ons volhard in ons gebede, ons kan aanhou vra en aanhou verwag dat Hy vir ons sal voorsien.

Gebed en Geloof gaan hand-aan-hand. Wanneer ons bid glo ons dat die Here ons gebede hoor en dat Hy aandagtig luister na ons versoeke. Dit is hierdie geloof in God, hierdie opregte vertroue in Sy voorsiening, wat God beweeg en voorsiening moontlik maak. Moenie ophou bid met geloof nie.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoe word ons daaglikse behoeftes aangespreek en vervul?
  • Hoe kan ons bid vir ons daaglikse behoeftes?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vir watter behoeftes moet ek vandag bid?
  2. Hoekom moet ek daagliks my behoeftes voor God noem?