Â
Matt 6:9-10 (53)
Só moet julle dan bid: ONSE VADER wat in die hemele is, laat U Naam GEHEILIG word …
Â
… laat U KONINKRYK kom; laat U WIL geskied, soos in die HEMEL net so ook op die aarde …
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
Matt 6:13 (53)
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jak 1:12 (83)
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang
Â
1 Kor 10:13 (53)
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Â
Jak 1:13 (53)
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Â
Â
In die woestyn tydens Jesus sy tyd van VAS en BID, word Hy versoek deur die vyand, die duiwel. Selfs Christus was versoek. Hy wat geen sonde geken het nie, is sonde gemaak en het in ons plek betaal vir ons sonde. Hy het die prys vir ons sonde betaal deur te sterf. Sonde bring dood. Jesus het die dood oorwin. Dit is die vyand wat ons in versoeking bring, hy weet al te goed dat versoeking na sonde lei en dat sonde uiteindelik op die dood afstuur. Hy haat God en hy haat die mens. Die mens is God se skepping. Hy sal enige iets doen om die mens se verhouding met God te vernietig.
Â
Dit is in gebed wat ons ons versoeking na God bring. Ons bring dit na God en lê dit voor Sy voete. Ons kan nie alleen versoeking oorkom nie, ons het God nodig om ons te help NEE sê vir versoekinge. Wanneer ons oorval word met versoeking en ons knieë buig daarvoor, het ons ‘n Verlosser nodig wat ons kan verlos en bevry van die vloek van die dood. Hierdie gebed bevry en red ons. Versoeking word op ons knieë oorwin. In Gebed en Geloof in God.
Â
Â
Â
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Â
WERKE en vrae:
Â
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â
Â