Deel 1:
Jou Identiteit bepaal WIE jy is, hoe jy jouself SIEN, en hoe jy in die wêreld OPTREE. Dit was ‘n voortdurende proses wat jou GEVORM het in wie jy is vandag.
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) As jy jouself kon gemaak het, wat is een ding wat jy anders sou gemaak het en hoekom? b) Het jy al iemand ontmoet wat soos jy lyk of presies dieselfde optree as wat jy optree (Dobbleganger)?
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Jes 64:8 (83)
U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons GEVORM, ons is almal die werk van u hande.
Jer 18:2 (83)
Gaan af na die pottebakker se huis toe, EK sal daar met jou PRAAT.
Jer 18:4 (83)
… die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het MISLUK …
… hy het toe iets ANDERS gemaak soos hy dit wou hê.
Jer 18:11 (83)…
So sê die Here…Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe BEKEER. Maak julle lewe (Identi’tyd’) en julle DADE reg.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
God stuur vir Jeremia na die pottebaker toe. “Gaan na die pottebaker, daar sal ek met jou praat” het God vir Jeremia gesê. Hier by die pottebaker het God met Jeremia gepraat. God wys hom hoe ons lewens gevorm word. Net soos die klei in die hande van die pottebaker, net so is ons lewens klei in God se hande.
Ons lewens is nie perfek nie. Jeremia sien hoe die “klei misluk” in die hande van die pottebaker. God wys vir Jeremia dat dit ook so met ons lewens gaan. Soms ervaar ons mislukkings. Net soos die pottebaker nie klaar met die klei wat misluk is nie, net so is God ook nie klaar met ons wanneer ons in tye van mislukking beland nie. Net soos die pottebaker die klei weer van vooraf vorm en maak net so maak God met ons lewens. Ons hoef nie moedeloos te raak in tye van mislukking nie. God is juis in hierdie tye hard aan die werk.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Worship/Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.