Identi – “tyd”

 

Deel 3:

Jou Identiteit bepaal WIE jy is, hoe jy jouself SIEN, en hoe jy in die wêreld OPTREE. Dit was ‘n voortdurende proses wat jou GEVORM het in wie jy is vandag.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoe “koop” ‘n mens die tyd uit?

b) Hoekom moet ons “die tyd uitkoop”?

WOORD

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Pred 3:1 (DB)

Alles gebeur op ’n bepaalde TYD. Alles in die lewe is vooraf BEPAAL

Kol 4:5 (53)

Wandel in wysheid … en KOOP die tyd uit

Psm 90:12 (NLV)

LEER ons (om) ons dae (tyd) só (te)gebruik dat ons WYSHEID kan BEKOM

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Tyd word aan ons geleen. Ons het “net soveel tyd”. Niemand kry minder of meer tyd nie. Ons moet die “beste maak” van die tyd wat ons beskikbaar het. Ons ken almal hierdie frases oor tyd. Tog vergeet ons dat hierdie nie net frases is nie maar dat dit realiteit is.

Ons tyd hier op aarde is beperk. Wat ons met hierdie beperkte tyd doen bepaal ook ons Identiteit.

Ons besluit elke dag of ons kwantiteit of kwaliteit aan die mense en aan God gaan spandeer. Iemand het een keer gesê dat ons lewens so besig is dat ons nie kwantiteit beskikbaar het nie, daarom moet elke sekonde wat ons met iemand spandeer kwaliteit wees.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom is ons Identiteit aan TYD gekoppel?
  • Hoe kan ons, ons TYD beter bestuur?
  •  

Worship/Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Maak tyd hierdie week om met jou “naby” mense te spandeer.
  2. Spandeer meer tyd hierdie week in God se teenwoordigheid?
      1.