Deel 1:
Hand 1:8 (53)
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Vertel van ‘n keer toe iemand ‘n goeie daad vir jou gedoen het. Hoe het jy gevoel nadat hierdie persoon dit vir/aan jou gedoen het.
b) Vertel van ‘n keer toe jy ‘n goeie daad vir/aan iemand gedoen het. Hoe het jy gevoel nadat jy hierdie daad gedoen het?
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
1 Tim 1:12-16 (NLV)
Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here. Hy het my krag gegee en betroubaar geag om my in sy diens te stel, selfs al het ek voorheen die Naam van Christus belaster. Ek het sy mense vervolg en hulle mishandel. Maar God het sy genade aan my bewys omdat ek dit uit onkunde en ongeloof gedoen het. Hoe oorvloedig was die onverdiende goedheid van ons Here nie en hoe het Hy my nie oorlaai met geloof en met die liefde wat ons deel word wanneer ons aan Christus Jesus verbind word nie.
Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal. Maar juis daartoe was God my genadig dat Christus Jesus aan my, die ergste sondaar van almal, God se groot geduld kon illustreer en my as voorbeeld kon gebruik vir hulle wat nog sal glo en só die ewige lewe sal ontvang.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Saulus het die nuwe Christene met alles in hom vervolg. Hy het nie self sy hande op hierdie Christene gelê nie, maar toegesien hoe baie Christene gemartel en selfs vermoor word. Hy het gedink dat wat hy doen God vereer. Met sy bekering het hy besef dat hy teen God gewerk het en nie vir God nie. God het hom gered want God het ‘n groot potensiaal in hom gesien. God het gesien dat hy ‘n groot werk vir Hom hier op aarde kan doen. God vergewe hom.
Na Paulus se bekering het hy ‘n diepe verstaan van vergifnis gehad. Omdat God hom vergewe het, kon hy nou ander vergewe. So ontstaan die Rippel Effek. God se vergifnis vir Paulus bewerk vergifnis vanaf Paulus en so begin ‘n Rippel Effek wat die hele aarde ingaan.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Worship/Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.