Rippel Effek - Deel 2

Deel 2:

 

DEUTERONOMIUM 6: 5-7 (AFR83)

Daarom moet jy die Here jou God liefhê met (hele) hart en (hele) siel, met al jou krag. Hierdie gebooie (woorde) wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes (hart) bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Wat in hierdie lewe is vir jou baie belangrik en hoekom?

b) Wat in hierdie lewe is vir jou nie so belangrik nie en hoekom?                                                                                            

WOORD

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Sien tekse hieronder, kies een van hierdie temas en tekse om vanaand oor te gesels.

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

1. RIPPEL EFFEK VAN MENSLIKE PLANNE: Sarai en Abram

GENESIS 16:2 (AFR83) 

Toe sê Sarai vir Abram: “… Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy ‘n kind in die wêreld wat my eie kan word.” En Abram het saamgestem met sy vrou.

 

2. RIPPEL EFFEK VAN ’N OPREGTE GELOOF: Loïs en Eunice 

2 TIMOTEUS 1:5 (AFR83) 

Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.

 

3. RIPPEL EFFEK VAN LOJALITEIT EN MENTORSKAP: Naomi en Rut

RUT 1:16 (AFR83)…Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God.

 

4. RIPPEL EFFEK VAN WOORDE EN WYSHEID: Spreuke 31 Vrou

SPREUKE 31:26 (AFR83) As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

 

5. RIPPEL EFFEK VAN DIE LEWE

Onbekend ~ Die manier waarop ons ons kinders liefhet, word hul innerlike stem. 

DEUTERONOMIUM 30:19 (AFR83) Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Kies een van die Rippel Effek punte hierbo en gesels daaroor?                                                                                                                        

Worship/Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om vir jou te wys waarvoor jy dankbaar kan wees.
  2. Dank die Here vir Sy vergifnis en dink aan iemand wat dalk jou vergifnis nodig het?