Rippel Effek - Deel 4

Deel 4:

 

Hand 1:8 (83)

Maar julle sal KRAG (dunamis/dinamiet) ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my GETUIES wees

 

… in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die UITHOEKE van die wêreld. (Rippel-Effek)

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Wat is die Rippel Effek van gehoorsaamheid aan die Heilige Gees?

b) Hoekom word ons ook gevra om take namens God hier op aarde te verrig?                                                                                            

WOORD

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Hand 9:10 (83)

In Damaskus was daar ‘n sekere VOLGELING van Jesus met die naam Ananias (God is genadig). Die Here het hom in ‘n gesig GEROEP: “Ananias!” “Hier is ek, Here,” het hy geantwoord

 

Hand 9:17 (83)

Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande OPGELÊ en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus … het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan SIEN en met die Heilige Gees VERVUL kan word.

 

Hand 9:18 (83)

ONMIDDELLIK het daar iets soos skille van Saulus se oë AFGEVAL en kon hy weer sien

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Net soos Ananias word ons ook geroep om sekere take vir God te doen. God gee Sy Heilige Gees aan ons sodat ons hierdie take kan uitrig. Ons word geroep om ‘n verskil te maak. ‘n Rippel Effek word veroorsaak. Ananias se gehoorsaamheid het veroorsaak dat Saulus in Paulus verander en dat die hele aarde van God weet. Die Nuwe Testament word geskryf en Paulus speel ‘n groot rol in die boeke van hierdie Nuwe Testament.

Hierdie Rippel Effek het nie opgehou nie, God is nogsteeds besig om ons te roep vir sekers take, net soos Ananias, vra Hy ons om werk te verrig wat ook mense om ons se toekoms kan verander.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Wat dink jy vra God jou om namens Hom hier op aarde te doen?                                                                                                                        
  • Het jy ook ‘n Saulus na Paulus moment in jou lewe gehad, gesels hieroor?

 

Worship-Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect -worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om vir jou te wys wat jy vir Hom moet doen in hierdie nuwe week.
  2. Vra die Here om vir jou die Saulus in jou lewe uit te wys.