1 Joh 2:15-17 (53)
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM
Â
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Â
a) As jy in enige posisie van mag of beheer kon wees vir net een dag, wat is die eerste ding wat jy sou verander?
b) Vertel van ‘n keer wat iemand jou op ‘n onbaatsugtige manier gedien of gehelp het? Hoe het dit jou laat voel?
Â
WOORD
Â
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
Matt 20:25-26 (DB)Â
Julle weet mos hoe dit in die wêreld gaan … mense in MAGSPOSISIES speel heeltyd baas … Hulle MISBRUIK hulle gesag en doen net wat hulle wil … Julle mag egter NOOIT so maak nie.
Â
Gal 5:24-25 (NLV)Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â
Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die BEGEERTES van hulle sondige geaardheid GEKRUISIG. Ons lewe deur die GEES; daarom moet die Gees ook ons LEEFSTYL bepaal.
Â
Matt 20:28 (53)Â Â Â
… net soos die Seun van die mens nie gekom het om GEDIEN te word nie, maar om te dien en sy LEWE te gee as ‘n losprys vir baie.
Â
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Â
In hierdie reeks leer ons van die verskil tussen God se weë en die wêreld se weë. In Deel 4 kyk ons spesifiek na Mag en Beheer en hoe ons dikwels die LEUEN van eienaarskap glo bo die WAARHEID van rentmeesterskap.
Â
Jesus leer ons dat mense in magsposisies in die wêreld dikwels baas speel en hulle gesag misbruik, maar as Sy volgelinge mag ons nooit so maak nie. Ons word geroep om ag te gee op onsself en op die kudde.
Â
Wanneer ons deur ons vleeslike begeertes oorheers word, lei dit tot dinge soos selfsugtige ambisie, vyandigheid en verdeeldheid. Ons moet daardie sondige geaardheid kruisig sodat die Gees ons leefstyl kan bepaal. Ons voorbeeld is Jesus self, wat nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee.
Â
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
a) In watter areas van jou lewe, hetsy by die werk of by die huis, is jy soms geneig om “baas te speel” in plaas daarvan om te dien en as ‘n goeie rentmeester op te tree?
b) Galasiërs 5 sê dat die Gees ons leefstyl moet bepaal en dat ons ons sondige begeertes moet kruisig. Wat is ‘n praktiese stap wat jy hierdie week kan neem om minder selfsugtig te wees en eerder iemand anders te dien?
Â
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.Â
Â
WERKE en vrae:
Â
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Â
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â