Markus 4:23-24 (83)
“As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!”
Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word.
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker:
Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Het jy al ooit ‘n leuen geglo wat baie oortuigend geklink het, net soos die slang met sy listigheid vir Eva verlei het? Hoe het jy uitgevind dit was onwaar?
b) As jy in ‘n raserige vertrek is, hoe moeilik is dit vir jou om iemand se fluistering te hoor? Vertel van ‘n tyd waar jy letterlik of figuurlik die stilte moes opsoek om regtig te kon hoor of rus vind.
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Kolossense 3:1-2:
Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.
1 Konings 19:11-12:
Na die wind was daar ’n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte.
Johannes 10:27:
My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Filippense 4:8:
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
KALIBRASIE is die fyn instel van ‘n instrument volgens ‘n gegewe standaard sodat dit betroubare en akkurate metings kan gee.
Hierdie week kyk ons verder na “Kalibreer” en die stemme waarna ons luister.
Paulus is bang dat ons gedagtes weggevoer sal word van ons opregte toewyding aan Christus, net soos die slang Eva verlei het (2 Kor 11:3). Die vyand, wat ‘n leuenaar is en die vader daarvan (Joh 8:44), wil hê ons moet twyfel aan God se woord. Soms bevind ons onsself in vrees of omstandighede wat vir ons soos ‘n hewige wind, aardbewing of vuur voel, net soos Elia wat vir sy lewe gevlug het (1 Kon 19:2-3, 11). Tog was God nie in daardie dinge nie, maar in ‘n fluistering in die windstilte (1 Kon 19:12).
Om na hierdie fluistering te kan luister en Jesus se stem te volg (Joh 10:27), moet ons van God afhanklik wees en die duiwel weerstaan (Jak 4:7). Ons kalibreer onsself deur die Gees van waarheid wat by ons bly (Joh 14:17).
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
a) In 1 Konings 19 moes Elia leer dat God in ‘n fluistering praat, eerder as deur ‘n storm, aardbewing of vuur. Wat dink jy is die raserige “winde, aardbewings en vure” in vandag se lewe wat dit vir ons moeilik maak om God se stil stem te hoor?
b) Filippense 4:8-9 moedig ons aan om ons gedagtes te vul met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. Hoe help dit ons om die leuens van die duiwel (Joh 8:44) te beveg en onsself in te stel op hemelse dinge (Kol 3:2)?
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.