Luk 21:36 (53)
WAAK dan en BID altyddeur, sodat julle WAARDIG geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM
Â
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Â
WOORD
Â
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
 1 Korintiërs 9:26 (NLV):
Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref.
Spreuke 24:16 & Miga 7:8 (NLV):
Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan… My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan. Al sit ek nou in duisternis, die Here is ’n lig vir my.
Efesiërs 6:11, 18 (53):
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. …terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding…
 Romeine 8:26 (53):
En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
Â
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Â
Bitter of Bidder
Val en Staan Weer Op in Gebed
Jesus leer ons dat ons moet aanhou bid sonder om moedeloos te word (Lukas 18:1). Die lewe deel soms harde houe uit, en soos Paulus sê, ons voel soms asof ons met die vuis geslaan word in ons vlees (2 Kor 12:7). Wanneer ons onsself bevind in situasies waar ons swak voel en ons dalk geval het, beloof God se Woord dat ‘n regverdige mens sewe keer mag val, maar elke keer weer sal opstaan (Spr 24:16). Ons vyande mag nie oor ons juig nie, want al sit ons in die duisternis, die Here is ‘n lig vir ons (Miga 7:8). God nooi ons uit om ons geestelike wapenrusting aan te trek en by elke geleentheid te bid in die Gees (Efe 6:11, 18). Wanneer ons dan nogsteeds te swak voel en nie eers weet wat om te bid nie, kom die Heilige Gees ons in ons swakhede te hulp en tree Hy vir ons in (Rom 8:26). Ons krag lê nie in ons eie vermoë nie, maar in God se genade wat in ons swakheid volbring word (2 Kor 12:9).
Â
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Â
Â
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.Â
Â
WERKE en vrae:
Â
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Â
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â
Â
Kalibreer jou fokus: Maak vandag die keuse om soos ‘n ware regverdige weer op te staan. Trek jou geestelike wapenrusting opnuut aan en besluit om in alle omstandighede aan te hou bid in die Gees sonder om op te hou.