Die doel van hierdie bediening is om die jong volwassenes van Woord en Lewe te bedien. Ons wil hulle deur Bybelse waarhede hoop te gee en laat verstaan dat ons lewe ontvang a.g.v die kruis.
Die Here het Eff 2:5 vir ons gegee waaraan ons vashou en ook uitleef. “Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak.”
Sondagdienste
Ons beskou die Sondagdienste as die belangrikste byeenkoms van die week, veral die Sondagaanddiens waartydens honderde jong volwassenes bymekaar kom om die naam van die Here groot te maak.
Vriendskapsgroepe
Hierdie groepe kom vanaf Maandag tot Donderdag in verskillende groepe bymekaar en word deur groepleiers gefasiliteer met Jesus as die fokuspunt. Daarna word daar lekker gekuier.
Groepe vir paartjies
Met die doel om huwelike te versterk en te weet hoe God elkeen se rol in die huwelik sien.
Belange Groepe
Ons het ‘n paar belange groepe wat gereeld bymekaarkom bv. Parkrun, Hiking, Bergfiets en nog meer. Vir meerinligting of as jy wil betrokke raak skakel Björn Uys 082 456 1911
Biduur
Ons kom weekliks bymekaar om saam te bid, vertrou saam vir deurbrake. Ons is elke Dinsdag oggend om 6.00 bymekaar. Almal is welkom om saam met ons te kom bid.
Vir meer inligting: Björn Uys 082 456 1911
Besoek gerus ons Facebook blad of volg ons op instagram
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church