Bewusteloos
Blindekol
Deel 1:

Deel 1-Blindekol:

 

Matt 24:37,39 (83)

(so) … sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens … Hulle het nie BESEF wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Wie het al van laan verander en nie ‘n voertuig in jou blindekol raakgesien nie. Wat het gebeur?

        b) Hoekom ontstaan “Blindekolle” in ons lewens?                                                                                             

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Rom 8:14,17 (83)

Almal wat hulle deur die GEES van God laat LEI, is kinders van God. En omdat ons kinders is, is ons ook ERFGENAME … saam met Christus. 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Die Impak van Geestelike Blindekolle

Net soos in die verkeer, is geestelike blindekolle daardie areas in ons lewens wat ons nie self kan raaksien nie.

 

  • Blindekolle skep ‘n Vals Gevoel van Veiligheid (Die Gevaar): Ons lees in Matt 24:37,39 dat mense heeltemal onbewus was van die gevaar; hulle het nie besef wat werklik aangaan nie.
  • Blindekolle word deur die Vyand Gedryf (Die Oorsprong): Ons blindekolle is nie altyd net onkunde nie. 2 Kor 4:4 verduidelik dat die god van hierdie wêreld mense se verstand verblind. Hy wil verhoed dat ons die lig en die waarheid (die evangelie) raaksien.
  • Blindekolle Veroorsaak Vrees en Verkeerde Fokus (Die Gevolg): As ons net na die sigbare dinge kyk, raak ons maklik paniekbevange of vasgevang in die tydelike (2 Kor 4:18).

 

Hoe om Blindekolle in ons Besluite te Oorkom

As ons blind is vir die werklikheid, hoe neem ons goeie besluite? Die Skrif gee vir ons duidelike gereedskap om hierdie blindekolle uit die weg te ruim:

  • Bid vir Geestelike Sig: Ons moet, net soos Elisa in 2 Kon 6:17, bid: “Here, maak tog ons oë oop sodat ons kan sien!” Ons moet besef ons het God nodig om dit wat verborge is, vir ons oop te breek.
  • Skerp jou Geestelike Gehoor in: Dit help nie ons oë is oop maar ons ore is toe nie. Jesus waarsku: “Wie ore het, moet luister!” (Matt 13:9). Gehoorsaamheid begin by aandagtig wees vir God se stem.
  • Laat die Heilige Gees jou GPS wees: In plaas daarvan om op ‘n pad te loop wat vir ons reg lyk, moet ons toelaat dat die Gees ons lei.
  • Kies ‘n Ewige Perspektief: Deur ons oë op die onsigbare en die ewige te rig (2 Kor 4:18), verloor die wêreld se misleiding sy houvas op ons besluite.

Blindekolle in ons lewens veroorsaak dat ons besluite neem wat gebaseer is op beperkte, wêreldse, en misleidende inligting. Ware, lewegewende besluite word geneem wanneer ons doelbewus toelaat dat die Heilige Gees ons verblindheid wegneem, sodat ons God se volkome waarheid bo ons eie insig kan sien en volg.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom is dit belangrik om te weet dat ons Erfgename van Christus is?
  • Wat kan ons doen om blindekolle beter raak te sien?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om jou te help om blindekolle in jou lewe beter raak te sien.
  2. Vra die Here om jou te help om. Beter na Hom, te luister in hierdie nuwe week.