Week 2: 10-16 Oktober 2021
Renaldo Barnard
In die Bybel sê God vir Abraham: “Ek maak jou die pa van baie nasies.” Abraham het
hierdie belofte met sy hele lewe geglo. Hy het geweet dat God die onmoontlike kan
doen: Hy kan dooies lewendig maak en met ’n enkele woord iets uit niks tot stand
bring.die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Rom 4:17
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
● Rom 4:17 … die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
● Jak 4:2 Julle begeer en julle het nie … Julle veg en maak oorlog, en julle het
nie, omdat julle nie bid nie.
● Pred 4:12 Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n
Driedubbele tou breek nie maklik nie.
● Matt 6:1-14 … As jy bid … As jy vas … As jy gee …
● Matt 6:6 … wanneer jy bid … jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in
die openbaar vergelde.
● Heb 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat
tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
● 1 Kon 17:22 En die Here het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom
teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
● Jak 5:15 (NLV) … ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die
Here sal hom laat opstaan.
● 1 Sam 1:11, 20 (NLV) …“O Here, Almagtige, as U tog net … my gebed verhoor
en vir my ’n seun gee … Sy het swanger geword en op die regte tyd geboorte
gegee aan ’n seun …
● 1 Kron 4:10 (NLV) … Laat u seën op my rus … vergroot my grond! Wees
asseblief met my … n bewaar my van moeilikheid en pyn!” En God het sy
versoek gehoor en dit gedoen.
● 1 Tess 5:17,19 Moenie ophou bid nie … Blus die Gees nie uit nie.
● Rom 4:18 Hy (Abraham) het teen hoop op hoop geglo … volgens wat gesê
was … - Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
- Gesels:
1) As Connect Groep: “Wat moet julle in gebed uitroep?”
2) Waarvoor moet julle nou bid om julle toekoms te verander?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae vir hierdie week
Dink aan die woorde: “BID VORENTOE!”
● Vra jouself hierdie vraag: “Wat moet jy in gebed uitroep oor jou familie en
gesin?”
● Nooi die Vader in jou gebed in en vra Hom om jou te wys watter gebede is
nodig vandag wat jou toekoms te beïnvloed?