Binnekamer – Deel 2

Psalm 149.

 

Familiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle familiegroep te hou.
  • Julle kan hierdie familiebespreking net na julle aandete hou.
  • Vra elke lid van jou familiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle ook saam nagmaal gebruik.
  • KYK na hierdie week se PODGOOI VIDEO: Druk op hierdie skakel:

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoe kan ons die Here Prys? 

b) Hoekom is dit so belangrik om tyd te maak om die Here te Loof en te Aanbid?

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: KERNTEKSE VIR VANDAG

Psalms 149:1-5

Kom prys die Here.

Bring eer aan die Here in die byeenkoms van die gemeente.

Sing vir Hom ’n lied wat jy spesiaal net vir Hom gemaak het.

Sing saam met al sy kinders liedere om vir Hom dankie te sê.

Al God se kinders moet bly wees oor Hom, want Hy het hulle gemaak.

Gelowiges moet juig oor Hom, want Hy regeer oor hulle lewe.

Hulle moet sy Naam prys deur te sing en te dans.

Saam met pragtige musiek moet hulle Hom uit volle bors loof.

Die Here se kinders gee Hom groot plesier.

Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.

Almal wat die Here getrou dien, moet opgewonde juig.

Hulle moet met blydskap sing, selfs as hulle alleen is.

 

Gesels in jou Familiegroep oor die volgende:

Ons is gemaak om die Here te loof en te prys. Loof en aanbidding gaan oor die Here en ons loof en prys Hom vir Sy goedheid en guns, maar wanneer ons besig is om Hom te loof en prys stig ons onsself en die Here vernuwe en verkwik ons.

Lof en Aanbidding hoef nie altyd tussen mense beoefen te word nie. Dit is ook belangrik dat ons tyd maak om die Here te Loof en Prys wanneer ons alleen is soos Psalm 149:5 vir ons vra.

Maak vandag tyd om die Here te loof en te prys.

Lees weer Vandag se teks en gesels daaroor:

  • Hoekom is dit so belangrik om wanneer ons alleen is die Here te loof en prys?
  • Noem ‘n paar maniere hoe die Here geloof kan word.

 

Gebruik nou Nagmaal saam as gesin