Onbeperkte 24 – BINNEKAMER – Deel 3

GEBED.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoe lyk jou Binnekamer?
  2. b) Hoekom is dit so belangrik vir elkeen om ‘n Binnekamer te hê?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Matt 6:6

“As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Jesus leer ons hoe om te bid. Hy vra ons om nie soos die Skrifgeleerdes te bid nie. Hulle het altyd ‘n groot ophef van hulle gebede gemaak en het altyd voorgegee dat hulle gebede baie belangrik is. Hulle het probeer om almal te oorreed dat hulle baie heilig was. Jesus vra ons om ‘n plek te kry waar ons gaan bid en hier met Hom te praat. Gebed is ‘n gesprek, ‘n gesprek tussen God en Sy kinders. Hierdie gesprek is ‘n tweerigting gesprek. Die Vader wil ook met ons praat en hier in jou BINNEKAMER kan hy met jou ook gesels.

Hoe lyk ‘n BINNEKAMER? Dit is ‘n stil, veilige plek waar jy privaat met die Vader kan gesels. Maak seker dat daar nie enige afleidings in hierdie plek is nie.

Maak vandag tyd om die Here te gesels en gee hom kans om met jou te gesels.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit so belangrik om ALLEEN in ons Binnekamer tyd te spandeer?
  • Hoe lyk jou ALLEEN tyd in jou Binnekamer?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Hoe moet jou Binnekamer lyk?
  2. Wat wil die Here vir jou doen in jou Binnekamer?