Onbeperkte 24 – BINNEKAMER – Deel 4

JOERNAAL.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Het jy al jou gebed neergeskryf en Hoekom?
  2. b) Het jy ‘n Gebedsjoernaal en Hoekom?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Matt 6:5-8

Hoe om te bid

 

“As jy bid, moet jy nie soos die skynheiliges maak nie. Hulle bid graag voor ander mense tydens godsdienstige byeenkomste sodat hulle moet hoor hoe mooi hulle bid. God skuld sulke mense niks meer nie. Hulle het mos klaar hulle prys hier op aarde gekry.

 

“As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.

 

“Moet ook nie dieselfde rympie oor en oor sê wanneer jy bid nie. Party mense wat God nie reg ken nie, bid so. Hulle dink dat hulle Hom met ’n stortvloed woorde kan ompraat om na hulle te luister. 

 

Moenie soos hulle maak nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Jesus leer ons hoe om te bid. Hy vra ons om nie soos die Skrifgeleerdes te bid nie. Hulle het altyd ‘n groot ophef van hulle gebede gemaak en het altyd voorgegee dat hulle gebede baie belangrik is.

 

In Matt 6:5-8 gee Jesus vir ons raad oor gebed in ‘n Binnekamer. Hy vra ons om nie gebede te bid wat oor-en-oor herhaal word nie. Een van die gebedspraktyke wat in ‘n Binnekamer gedoen kan word is om Joernaal te hou van jou gebede, of om jou gebede neer te skryf. (Klik op en Kyk na die PODGOOI in blou bo-aan hierdie les)

 

Hierdie Joernaal of Neerskryf van jou gebede sal jou help om God se werk in jou lewe raak te sien. Hierdie neerskryf help jou om bewus te word van God se hand wat werk in jou daaglikse lewe.

 

Maak vandag tyd om met die Here te gesels en gee hom kans om met jou te gesels. Skryf dan neer wat Hy vir jou sê.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit so belangrik om jou gebede neer te skryf?
  • Hoe sal ‘n eenvoudige joernaal lyk?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Wat moet jy neerskryf sodat jy dit nie vergeet nie?
  2. Wat wil die Here vir jou doen in jou Binnekamer?