BYBELSTUDIE.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Matt 6:5-8
Hoe om te bid
“As jy bid, moet jy nie soos die skynheiliges maak nie. Hulle bid graag voor ander mense tydens godsdienstige byeenkomste sodat hulle moet hoor hoe mooi hulle bid. God skuld sulke mense niks meer nie. Hulle het mos klaar hulle prys hier op aarde gekry.
“As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.
“Moet ook nie dieselfde rympie oor en oor sê wanneer jy bid nie. Party mense wat God nie reg ken nie, bid so. Hulle dink dat hulle Hom met ’n stortvloed woorde kan ompraat om na hulle te luister.
Moenie soos hulle maak nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan.
Jesus leer ons hoe om te bid. Hy vra ons om nie soos die Skrifgeleerdes te bid nie. Hulle het altyd ‘n groot ophef van hulle gebede gemaak en het altyd voorgegee dat hulle gebede baie belangrik is.
In Matt 6:5-8 gee Jesus vir ons raad oor gebed in ‘n Binnekamer. Hy vra ons om nie gebede te bid wat oor-en-oor herhaal word nie. Een van die gebedspraktyke wat in ‘n Binnekamer gedoen kan word is om Bybelstudie te doen, of die skrif te bid. (Klik op en Kyk na die PODGOOI in blou bo-aan hierdie les)
Gebruik die Speck metode om Bybelstudie te doen:
SPECK
Sin: Staan daar ‘n sonde uit in die teks.
Promise: Wat se belofte word in die teks oorgedra.
Example: Wat is die voorbeelde wat gebruik word en hoe beïnvloed dit my.
Command: Wat is die opdrag wat ek moet uitvoer volgens hierdie skrif
Maak vandag tyd om met die Here te gesels en gee hom kans om met jou te gesels deur die Bybel. Skryf dan neer wat Hy vir jou sê.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.