Konneksiegroep
Die Belangrikste – Deel 1:
Mark 12:29 (NLV)
Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Kies ‘n SPORTSOORT: Wat is die belangrikste item wat jy nodig het om hierdie sport te speel? b) Hoekom is dit belangrik om te weet wat die Belangrikste in die Spel van die Lewe is?
WOORD:
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Markus 12:28-34 (20)
Die vraag oor die belangrikste gebod
Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?” Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.” Die skrifkenner het vir Hom gesê: “Uitstekend, Meester, dit is waar wat u sê, dat ‘Hy die Enigste is en dat daar geen ander is as Hy nie’. ‘Om Hom lief te hê met jou hele hart, jou hele verstand en met al jou krag, en om jou naaste lief te hê soos jouself’, is belangriker as al die brandoffers en diereoffers.” Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom iets te vra nie.
“Wat is die belangrikste?” Ons vra gereeld hierdie vraag. Baie kere is ons dag of week so oorlaai met take en ons sukkel om kop-bo-water te hou, dit is in hierdie tye wat ons die vraag: “Wat is die heel belangrikste?” vra. Hierdie vraag help ons om te identifiseer wat eerste gedoen moet word. Hierdie vraag help ons ook om te identifiseer wat dalk glad nie belangrik is nie. Take wat deur ander gedoen kan word word so geidentifiseer.
Ongelukkig het die skrifgeleerde nie hierdie vraag gevra om ‘n ware antwoord te kry nie, hy het slegs hierdie vraag vir Jesus gevra om ‘n kans te kry om te stry met Jesus. Jesus gaan terug na die Ou Testament en gaan haal God se woorde oor Homself uit. Dit is belangrik om God lief te hê. Jesus voeg egter by dat dit in die tweede plek belangrik is om jou naaste lief te hê. Hierdie twee gebooie gaan hand-aan-hand. Jy kan nie mense liefhê, sonder om God lief te hê nie, jy kan ook nie vir God liefhê, maar nie mense liefhê nie.
Ons word elke dag gekonfronteer met hierdie belangrike gebod: Liefde vir God, Liefde vir Mense.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
Liefde vir God, Liefde vir Mense.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.