Konneksiegroep

Die Belangrikste – Deel 3:

 

Mark 12:29 (NLV)

Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Wat beteken die woorde “Liefde vir mense” vir jou? b) Hoekom word ons opgewonde wanneer ons Liefde vir ander GEE?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Matt 28:19-20 (NLV)

GAAN dan, maak al die nasies my dissipels, en DOOP hulle LEER hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Liefde vir God – Liefde vir Mense

Evangelisasie en Dissipelskap

 

Liefde GEE. Want so lief het God ons gehad dat Hy gegee het. God gee Sy Seun, Sy beste en perfekte offer vir ons. Omdat Christus Homself uit Liefde GEE, moet ons ook onsself GEE. Die beste manier om jouself te GEE is om betrokke te wees in Evangelisasie en Dissipelskap.

 

Evangelisasie en Dissipelskap is take wat ons elkeen in Liefde uitvoer. Hierdie take veroorsaak dat ons van onsself GEE. Hierdie onsselfsugtige gawe wat ons gee veroorsaak dat ander mense tot geloof in God kom en Hom dien. Ons gawe van GEE word ‘n liefdesdaad, netsoos Jesus se kruisiging ‘n liefdesdaad was. Evangelisasie en Dissipelskap word altyd in en met liefde gedoen.

 

Hoe kan julle Konneksiegroep hierdie jaar meer Evangelisasietake verrig? Dink aan idees hoe julle saam in liefde kan uitreik na die mense om julle. Dink ook elkeen hoe jy meer in liefde kan uitreik na die mense om jou.

 

Hoe sal Dissipelskap in hierdie jaar lyk vir julle konneksiegroep? Hoe kan elkeen die mense om hulle beter dissipelleer?

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Wat beteken Evangelisasie?
  • Wat beteken Dissipelskap?
  • Hoekom is Evangelisasie en Dissipelskap ons elkeen se verantwoordelikheid?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Vra die Here om jou te wys wie jy kan Evangeliseer?
  2. Vra die Here om jou te wys wie jy moet Dissipelleer?