Konneksiegroep

Die Belangrikste – Deel 4:

 

Mark 12:29 (NLV)

Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Indien Liefde nie ‘n gevoel is nie: Wat is die liefde dan? b) Hoekom is liefde beide wonderlik, maar ook hartsverskerend?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Rom 13:1 (53)

Laat elke mens hom ONDERWERP aan die magte (leierskap) wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van GOD nie, en die wat daar is, is deur God INGESTEL

 

Rom 13:2 (53)

… sodat hy wat hom TEEN die mag (leierskap) VERSIT, die instelling van God WEERSTAAN; en die wat dit weerstaan, sal hulle OORDEEL ontvang. 

 

Rom 13:5 (53)

Daarom is dit NOODSAAKLIK (belangrik) om jou te ONDERWERP, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die GEWETE (jou hart). 

 

Heb 13:17 (53)

Wees GEHOORSAAM aan julle voorgangers (leiers) en ONDERDANIG, want hulle (sal) rekenskap moet gee (aan God), sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie …

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Liefde vir God – Liefde vir Mense

Evangelisasie en Dissipelskap

Leierskap en Mentorskap

 

 

Dink aan die Tina Turner liedjie: “What’s love got to do with it?”

 

“It’s physical
Only logical
You must try to ignore that it means more than that

 

Oh-oh, what’s love got to do, got to do with it?
What’s love but a second-hand emotion?
What’s love got to do, got to do with it?
Who needs a heart when a heart can be broken?”

 

Volgens hierdie liedjie is liefde net ‘n tweedehandse emosie, wat geignoreer moet word want hierdie emosie veroorsaak net ‘n gebroke hart. Ons moet besef dat Liefde is meer as net ‘n emosie. Liefde is iemand wat die Vader aan ons Sy kinders gee. Liefde is ‘n persoon wat nie geignoreer kan word nie. Hy is die enigste een wat ‘n gebroke hart regtig kan genees en herstel.

 

Matteus 22:40 sê dat Liefde vir God en Liefde vir Mense twee Pillare is, waarop alles rus.  Liefde is nie ‘n gevoel nie. Liefde is wat jy gee selfs al voel jy nie jy wil nie. Wanneer liefde onselfsugtig gegee word aan selfs mense wat dit nie verdien nie, veroorsaak hierdie “Onselfsugtige Daad” ‘n standvastigheid wat elke verhouding laat groei en ontwikkel. Liefde maak seer, maar liefde genees ook. Elkeen van ons moet leer dat liefde is ‘n mag wat herstel veroorsaak en mense opbou en bemoedig.

 

Dink ook aan die storie van Simson. Toe hy aan die einde van sy lewe tussen die twee pillare staan en sy liefde vir God terug gekom het, sy liefde vir sy mense het ook hom gedryf om die twee pillare na mekaar toe te trek. Die hele gebou se dak het op hierdie twee pillare gerus. Die dak het inmekaar getuimel en almal het omgekom. Net so veroorsaak die weerhou van liefde dat alles om ons inmekaar tuimel.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Lees weer die woorde van die Tina Turner liedjie. Wat beteken hierdie woord vir jou in die konteks van Liefde vir God en Liefde vir Mense?
  • Hoekom is Liefde vir God en Liefde vir mense soos pillare?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Vra die Here om jou te wys wie jou onbaatsugtige liefde hierdie week nodig het?
  2. Vra die Here om Sy Liefde oor jou uit te stort hierdie week?