Mark 12:29 (NLV)
Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Elke Gesin en Familie het sekere unieke rituele: Wat is ‘n interessante ritueel wat julle gesin of familie gereeld doen? b) Hoe maak julle seker as gesin of familie dat die jonger geslag in julle gesin of familie gehoor word?
WOORD:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Rig 2:10-11 (83)
… die volgende GESLAG se mense het nie die Here geken nie. … ook nie geweet van sy groot dade … nie. … (hulle) het toe gedoen wat VERKEERD is in die oë van die Here: hulle het die Baäls GEDIEN.
Alles begin met Families:
Gen 2:24 (83)
Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en SAAM met sy vrou LEWE, en hulle sal EEN word.
Spr 22:6 (83)
Gee LEIDING aan (mentor) ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan AFWYK nie.
Deut 6:6-7 (83)
Hierdie gebooie … moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit INSKERP by jou kinders en met hulle daaroor PRAAT as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
1.Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
Evangelisasie en Dissipelskap
Leierskap en Mentorskap
Gesonde families, Gesonde Kerk:
Hierdie week gesels ons oor Gesonde Families.
Elke Gesin en Familie het sekere rituele wat beoefen word, soos om elke jaar saam met vakansie te gaan. Baie gesinne maak ook tyd om elke aand saam te eet. Party gesinne geniet spesiale dae saam.
Gesonde Gesinne en families het die kuns van kommunikasie aangeleer. Dit is nie moeilik in hierdie gesinne of families om waarde toe te voeg deur opbouende woorde, bemoedigende woorde of woorde van raad, bevestiging en selfs vermaning nie. Gesonde gesinne en families praat met mekaar.
Praat oor die dinge van die lewe, maar ook die dinge van God
Deut 6:7 sê: “PRAAT” as jy –
Maak hierdie vier areas plekke waar rituele in die gesin of familie gevorm kan word om ‘n gesonde gesin of femilie te ontwikkel.
2.Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.