Die Belangrikste - Deel 6:

Mark 12:29 (NLV)

Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal.

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom gaan jy kerk toe?

b) Hoe bepaal jy of ‘n sekere kerk vir jou en jou gesin gaan werk?

 

WOORD:

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 Joh 15:12

…Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het.

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Liefde vir God, Liefde vir Mense

Evangelisasie en Dissipelskap

Leierskap en Mentorskap

Gesonde families, Gesonde Kerk

 

Hierdie week gesels ons oor ‘n Gesonde Kerk.

Ons lees in die Nuwe Testament van hierdie instelling wat God op die been gebring het net na Jesus se Hemelvaart. Verlede week het ons gesels oor gesonde families, fisiese gesinne en families. Die kerk is ook ‘n FAMILIE, ‘n Geestelike Familie wat saam kom om God te dien en mekaar te bemoedig en op te bou. Die kerk bestaan agv, sy liefde vir God en sy liefde vir God se mense. Die eerste kerk het veral bekend gestaan vir sy liefde vir ander. Die kerk het gegroei omdat die mense die liefde wat daar binne die kerk was begeer het.

‘n Gesonde kerk word aan sy liefde vir God en sy liefde vir mense geken. ‘n Gesonde Konneksiegroep beskik ook oor hierdie liefde.

 

Vier Beginsels van Liefde in die Kerk:

 Joh 15:13 – Liefde Gee

…Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende (Geestelike Familie).

 

Joh 15:16 – Liefde kies om lief te hê

…Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou.

 

Joh 15:15 – Liefde Bemoedig

…Julle noem Ek…vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik

1 Pet 4:10 – Liefde Dien

…God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom is die kerk vir Jesus so belangrik?
  • Wat kan ons doen om meer betrokke te raak by ons kerke?

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om vir jou iemand in jou kerk te wys vir wie jy in hierdie week moet bid.
  2. Vra die Here om jou te wys waarvoor jy hierdie week vir jou kerk moet bid.