Die Belangrikste - Deel 7:

Mark 12:29 (NLV)

Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal.

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom is ‘n gesonde liggaam so belangrik?

b) Hoe weet jy wanneer jou liggaam nie gesond is nie?                                                                                            

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

 

1 Tessalonisense 5:23 (83)

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na GEES, SIEL en LIGGAAM, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 

 

3Joh 1:2(53)                                                                          

Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles GOED mag gaan en dat jy GESOND is, soos dit met jou SIEL goed gaan

Spr 17:22 (ABA)       

                                                            

‘n GELUKKIGE mens is ook ‘n GESONDE mens, maar ‘n mens wat moedeloos is, word siek. 

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Liefde vir God, Liefde vir Mense

Evangelisasie en Dissipelskap

Leierskap en Mentorskap

Gesonde families, Gesonde Kerk

Gesonde Liggaam, Gesonde Siel en ‘n Gesonde Gees

 

Hierdie week gesels ons oor ‘n Gesonde Liggaam.

Tydens die vroeë kerk se bestaan was daar ‘n groep mense wat geglo het dat God net in die mense se GEES belangstel en dat die LIGGAAM van die mens nie enige iets werd is nie en God gee ook nie regtig om vir die LIGGAAM van die mens nie. Hulle het geglo dat jy soveel sonde as wat jy wil kan doen, want dit is net die liggaam wat sondig, die gees van die mens word nie beïnvloed nie.

Dit is belangrik om te weet dat God nie net in ons GEES belangstel nie, maar ook in ons LIGGAAM en SIEL. Die Bybel sê dat ons “liggaam ‘n tempel is”. ‘n Tempel vir God se GEES, daarom moet ons mooi na ons liggaam kyk.

Hoekom moet ons na ons liggaam kyk? Ons het ons liggaam nodig om te verkondig. Dit is hierdie aardse liggaam wat moet vertel van Christus. Dit is met ons liggaam wat ons “GAAN”. Die Bybel vra ons om te gaan na Judea (Ons Dorp), Samaria (Ons Provinsie) en die hele wêreld en om te verkondig. Hoe kan ons “GAAN” as ons liggaam nie kan beweeg nie en hoe kan ons “GAAN” as ons liggaam nie mooi opgepas word nie.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom is ons liggaam vir God so belangrik?
  • Wat kan ons doen om ons liggaam gesond te hou?
  •  

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om vir jou te wys wat jy kan doen om jou liggaam gesond te hou.
  2. Vra die Here om jou te wys vir wie jy hierdie week moet bid. Bid ook vir almal wat siek is en noem hulle name voor God.