Die Belangrikste - Deel 8:

Mark 12:29 (NLV)

Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid.

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom is ‘n gesonde siel so belangrik?  b) Hoe weet jy wanneer jou siel  nie gesond is nie?                                                                                            

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

1 Tessalonisense 5:23 (83)

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na GEES, SIEL en LIGGAAM, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 

Rom 12:2 (NLV)

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle … denkpatrone VERNUWE. Dan sal julle goed kan ONDERSKEI wat Hý wil hê dat julle moet doen…

 

Matt 16:26 (NLV)

Wat sal dit jou tog help as jy ALLES in die lewe BEREIK, maar jy ly SKADE aan jou diepste MENSWEES (jou siel)? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie. 

 

Ps 16:11 (83)

… LEER my hoe om te lewe. By U is daar OORVLOEDIGE blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Liefde vir God, Liefde vir Mense

Evangelisasie en Dissipelskap

Leierskap en Mentorskap

Gesonde families, Gesonde Kerk

Gesonde Liggaam, Gesonde Siel en ‘n Gesonde Gees

 

Hierdie week gesels ons oor ‘n Gesonde Siel.

Wanneer ons praat van die SIEL van die mens, praat ons van ons denke en ons emosies.

Dit is juis ons denke wat deur God daagliks vernuwe moet word. Ons Siel beïnvloed ons hele wese. Dit is met die SIEL wat ons dink oor die dinge van God. Ons bedink God se goedheid elke dag. As ons denke nie vars is nie dink ons nie reg oor God nie. Ons het nodig dat God ons denke daagliks vernuwe. Net soos die Israeliete elke dag nuwe manna moes gaan optel, so moet ons denke ook elke dag nuut word.

Ons emosies is ook in ons siel. God leer ons om nie deur ons emosies gelei te word nie, maar om ons emosies te gebruik om Sy werk hier op aarde te doen. Ons emosies moet ook daagliks vernuwe word. Ons moet ons emosies aan God gee en Hom vertrou met ons emosies.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Beskryf die SIEL van die mens. Hoekom is ons SIEL vir God so belangrik?
  • Wat kan ons doen om ons SIEL gesond te hou?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om vir jou te wys wat jy kan doen om jou SIEL gesond te hou.
  2. Vra die Here om jou te wys vir wie jy hierdie week moet bid. Bid ook vir almal wat siek is en noem hulle name voor God.