Mark 12:29 (NLV)
Jesus het hom geantwoord: “Die BELANGRIKSTE … is die volgende …
Konneksiegroep:
WELKOM
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Hoekom is ‘n gesonde GEES so belangrik?
b) Hoe weet jy wanneer jou GEES nie gesond is nie?
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
1 Tessalonisense 5:23 (83)
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na GEES, SIEL en LIGGAAM, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Psalm 51:10 (CAB23)
Skep vir my ‘n rein hart, o God; en vernuwe ‘n regte gees in my binneste.
1 Samuel 13:14 (AFR 20)
Maar nou sal jou koningskap nie standhou nie. Die Here het vir Hom ‘n man na sy hart uitgesoek, en die Here het hom as leier volmag oor sy volk gegee, omdat jy dit wat die Here jou beveel het, nie nagekom het nie.”
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
Evangelisasie en Dissipelskap
Leierskap en Mentorskap
Gesonde families, Gesonde Kerk
Gesonde Liggaam, Gesonde Siel en ‘n Gesonde Gees:
Hierdie week gesels ons oor ‘n Gesonde Gees.
Wanneer ons praat van die GEES van die mens, praat ons van die hart van die mens.
Die Bybel sê dat Dawid was ‘n man na God se hart. God kyk na die HART van die mens. God het van die begin af gesien dat Dawid se hart reg is. Hy het ‘n hart na God se wil en plan gehad. Hy het altyd God se wil en plan in elke situasie gesoek. Wanneer Dawid iets verkeerds gedoen het, het hy dadelik berou gekry en met God daaroor gepraat. Hy het altyd God se vergifnis gesoek, selfs bo die aansien van die mense om hom. God soek mense wat vinnig berou kry en vinnig belydenis doen. Hierdie mense het ‘n Gesonde Hart = Gees.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.