Konneksiegroep
Die Tafel – Deel 1:
Die Tafel van Rus
Ps 23:5 (53)
U berei DIE TAFEL voor my aangesig teenoor my TEËSTANDERS …
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Hoekom is dit nodig dat ons as mense moet Rus? b) Hoe “Rus ons in die Here”?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Ps 23:5 (53)
U berei DIE TAFEL voor my aangesig teenoor my TEËSTANDERS …
UITBRANDING
Vrees
Tekort
Eensaamheid
Gen 2:2 (53)
En God het op die sewende dag … GERUS …
Matt 8:24 (83)
… Skielik het daar ‘n hewige storm … losgebars … Maar Jesus het geslaap (GERUS).
Ps 23:2 (53)
… na waters waar RUS is, LEI Hy my heen.
Rus is baie belangrik vir elkeen van ons. God het ons gemaak om ‘n tydperk van Rus te beleef. God Self het gerus nadat Hy die Aarde gemaak het. God skep die “Rusdag”. In ons moderne lewe het ons nie meer tyd of plek vir Rus nie. Ons lewens is so besig en ons word opgeneem deur die take van die lewe. Sosiale Media en die toegang tot die Internet het veroorsaak dat ons nie meer werklik Rus nie. Die tyd wat ons hierop spandeer veroorsaak groot probleme vir ons Psige asook ons fisiese lewe en ons word negatief beïnvloed hierdeur.
God het gerus nadat Hy die hemel en die aarde gemaak het. Jesus het gerus. Daarom is dit noodsaaklik dat ons, as mens ook Rus deel van ons daaglikse, weeklikse, maandlikse en jaarlikse ritme sal maak. Rus lyk ook nie vir alle mense dieselfde nie. Mense verskil en hulle manier van Rus verskil. Rus is nie noodwendig sit en niks doen nie. Sommige mense vind Rus deur Oefening of Sport. Vind uit wat gee jou ware Rus.
Die teëstander vir Rus is Uitbranding. Dit hang van ons af hoe en wat ons met ons Rus doen. Niemand kan namens ons Rus nie. Dit is ‘n aksie wat ons elkeen self moet doen om te verhoed dat ons lewens uitmekaar val.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/