Konneksiegroep

Die Tafel – Deel 2:

Die Tafel van Vrede

Ps 23:5 (53)

U berei die TAFEL voor my aangesig teenoor my teëstanders

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Waar kom Vrede vandaan?                                                                                                                        b) Hoekom Vrees ons so baie en so gou?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Ps 23:5 (53)

U berei die TAFEL voor my aangesig teenoor my teëstanders

Uitbranding

VREES

Tekort

Eensaamheid

Verstaan: Vrees is ‘n Gees

2 Tim 1:7 (53)

Want God het ons nie ‘n GEES van VREESAGTIGHEID gegee nie, maar van KRAG en LIEFDE en SELFBEHEERSING

Job 3:25 (53)

As ek iets vreesliks VREES, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek BANG is, KOM na my toe

Ps 23:4 (53)

Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal GEEN ONHEIL vrees nie; want U is met my …

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Vrees kom nooit van God nie. Die Vyand gebruik vrees as ‘n wapen om die mensdom lam te lê. Dit is hoekom Vrees ‘n Teëstander is. God wil Sy Vrede in ons harte en lewens uitstort, maar ons vrees keer dat ons hierdie Vrede ervaar.

God het nie ‘n Gees van vreesagtigheid vir ons gegee nie. Hy het Sy vrede vir ons gegee. Ons kan slegs ware Vrede in God ervaar. In ons tyd en ontmoeting met God ervaar ons ware vrede.

Ware Vrede kan slegs ervaar word in ‘n ware verhouding met God.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is Vrees so sleg vir die mensdom?
  • Hoe kan ons in God se Vrede ingaan?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Hoe kan jy werk met jou Vrees hierdie week?
        2. Hoe kan jy God se liefde en vrede meer beleef in hierdie week?