Konneksiegroep

Die Tafel – Deel 3:

Die Tafel van Voorsiening

Ps 23:5 (53)

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Waarom leef mense met ‘n tekort?                                                                                                                    b) Hoe kry ons guns om in God se voorsiening te lewe?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Ps 23:5 (53)

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Uitbranding

Vrees

TEKORT

Eensaamheid

Ps 23:1 (83) 

‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 

1 Kon 17:13 (53)

En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ‘n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóú en jou seun iets klaarmaak.

Luk 6:38 (NLV)

As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.

1 Kon 17:14 (53)

Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee.

1 Kon 17:15-16 (53)

En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet — sy en hy en haar gesin dae lank: die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons is deur God gemaak. Uit die stof van die aarde het Hy ons gevorm. Hy het die aarde en alles daarin vir ons gegee, en ons beveel om oor die aarde te heers. Wanneer ons terug dink aan ons herkoms besef ons ons kom van God af, Hy het ons gemaak, ons is Sy maaksel, Sy skepping. God het van dag een af vir die mens gesorg. Die mens het geen tekort gehad nie. Alles was vir die mens voorsien.

As gevolg van die sondeval moes die mens die tuin, met al die voorsiening, verlaat. Tekort kom in die plek van Oorvloed. As gevolg van die eerste mense se handelinge leef ons ook in ‘n milheu van “Tekort”. Maar ons leef nie net in hierdie milheu nie. Ons leef ook in die Bonatuurlike en God is nogsteeds die God van Oorvloed en Voorsiening.

Daarom kan die wedewee haar laaste meel gebruik en vir die profeet kos maak. Sy voorsien in die profeet se behoefte tydens haar tekort. God voorsien in haar tekort met voorspoed en seën. God wil ook vir ons voorsien. Hy wil ook ons in ons tekort ontmoet en voorspoed en seën vir ons bring.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom ondervind ons tekorte in ons lewens?
  • Hoe kan ons oor ons tekorte kom?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Hoe wil God vir jou voorsien in hierdie week?
        2. Hoekom het jy God se voorsiening nodig?