Konneksiegroep
Die Tafel – Deel 4:
Die Tafel van Verbond
Ps 23:5 (53)
… U berei die TAFEL voor my aangesig teenoor my TEËSTANDERS …
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Wat beteken dit om in verbond met God te leef? b) Hoekom is dit belangrik om in verbond met God te leef?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Ps 23:5 (53)
… U berei die TAFEL voor my aangesig teenoor my TEËSTANDERS …
Uitbranding
Vrees
Tekort
EENSAAMHEID
Ps 23:1 (83)
Die Here is my herder, ek kom NIKS KORT nie.
Ps 23:4b (83)
… want U is BY MY.
Heb 13:5 (83)
… wees TEVREDE … God self het gesê: “Ek sal jou nooit VERLAAT nie, jou nooit in die STEEK laat nie.”
VERSTAAN die belangrikheid van VERBOND in ons lewe.
Matt 18:20 (83)
… want waar twee of drie in my Naam SAAM is, daar is EK by hulle.
Hand 2:44 (NLV)
Al die gelowiges het GEREELD bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar GEDEEL.
Hand 2:47 (DB)
Die gelowiges se LEWENSTYL het die ander mense … AANGEGRYP. Almal het daaroor GEPRAAT. Daarom het daar elke dag baie mense tot GELOOF in Christus gekom (bygevoeg).
Joh 13:35 (NLV)
As julle mekaar liefhet, sal ALMAL daaraan SIEN dat julle my dissipels is.
Joh 17:2 (NLV)
Ek bid dat hulle ALMAL een mag wees, net soos U, Vader, in ’n HEGTE verhouding met My en Ek met U is…
Joh 17:21b (NLV)
… dat hulle ook in ’n hegte VERHOUDING met Ons mag LEEF sodat die wêreld kan GLO dat U My gestuur het.
God het van die skepping af geweet dat dit nie goed vir die mens is om eensaam te leef nie. God het ook nadat Adam gemaak is uitgevind dat die mens nie vervulling kry deur alles om hom/haar nie. Al is alles mooi en goed geskappe, het die mens ‘n ander mens nodig. Ons is nie gemaak om alleen te lewe nie. Eensaamheid is nie goed vir die mens nie. Veral die kind van God, God het ons geskep om in verhouding te lewe. Eerstens leef ons in Verhouding met God, en dan in Verhouding met die mense om ons.
In verhouding ervaar ons ware liefde en gee ons ware liefde. Ware liefde het verhouding nodig. God vorm die kerk sodat mense saam in verhouding met mekaar en in verhouding met God kan lewe. Dis dalk hoekom die eerste kerk so revelusionêr geleef het. God het hulle nie gevra om so op te tree nie. Hulle verhouding met God en die mense om hulle het hulle gedryf om al hulle besittings te verkoop en die geld onder hulle gemeenskap te verdeel en so het hulle in liefde saam met mekaar en in verhouding met God gelewe.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.