DIEPER met God en WYER met Mense – Deel 1

DIEPER met God en WYER met Mense – Deel 1

Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

  1. Gebed: Open met gebed.
  2. Lees:

Openb 22:1 (NLV)
Toe het die engel aan my die RIVIER met LEWEGEWENDE WATER GEWYS … en VLOEI vanaf die TROON VAN GOD en van die LAM.

Eseg 47:1 (NLV)
… Daar het ek ’n STROOM water GESIEN wat onder die TEMPEL … UITVLOEI…

Eseg 47:9 (NLV)
ORAL waar hierdie rivier loop, BRING DIT LEWE … Waar die water OOK AL VLOEI, sal ALLES LEWE.

Eseg 47:9 (53)
… en daar sal ‘n MENIGTE VISSE wees, omdat HIERDIE WATERS DAARHEEN (VLOEI) …

Eseg 47:10 (NLV)
… ALLERHANDE SOORTE vis …

Eseg 47:12 (NLV)
Daar sal ELKE MAAND ’n vrugte-oes wees … Die vrugte sal KOS WEES en die blare sal GENESING BRING.

Eseg 47:11 (NLV)
Die MOERASSE en KUILE se water sal egter NIE VARS WORD NIE …

Eseg 47:3-5 (NLV)
… Toe laat hy my DEUR DIE WATER LOOP … ENKELDIEP… KNIEDIEP… tot by my HEUPE… ’n rivier waardeur (EK) NIE KON LOOP NIE … (GEEN MENS kon deur loop nie)

Jos 1:2 (83)
Maak JY nou GEREED en TREK DEUR DIE (RIVIER) …, jy en hierdie hele volk. Gaan na die land toe wat Ek aan hulle … GEE (BELOOF HET).

Jos 1:3 (NLV)
…Soos Ek vir Moses BELOWE HET, sal Ek ELKE PLEK waar julle kom vir julle GEE.

Jos 1:5-6 (DB)
Jou hele lewe lank sal NIEMAND (EN NIKS) JOU KAN OORWIN nie. Ek sal BY JOU WEES … Ek sal jou NOOIT IN DIE STEEK LAAT … WEEK STERK, vertrou My BLINDELINGS.

Hand 4:13 (53)
En toe hulle die VRYMOEDIGHEID van … EENVOUDIGE MANNE (SIEN) was hulle VERWONDERD …

Hand 1:4 (83)
… bly wag op die GAWE wat die Vader BELOWE het, soos julle van My GEHOOR het.

Joh 7:38 (53)
Hy wat in My GLO, soos die Skrif sê: strome van LEWENDE WATER sal uit sy BINNESTE VLOEI.

  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  2. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  3. Wat beteken die begrip: “DIEPER met God” vir jou?
  4. Wat beteken die begrip: “WYER met Mense” vir jou?
  5. Hoe kan julle as konneksiegroep hierdie jaar DIEPER met God en WYER met Mense gaan?
  6. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “DIEPER met God en WYER met Mense”.

  1. Wat dink jy verhoed jou om dieper met God te gaan?
  2. Wat dink jy verhoed jou om wyer met mense te gaan?