16-22 Oktober 2022
Pastoor Morne Kruger
Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
Matt 26:40
En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
Matt 26:41.
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Jak 5:16
… Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.
Efesiërs 6:10-20
Markus 5:6-13
2 Kor 3:17
Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
1 Kor 14:15
… Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid …
2 Kor 10:4
Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp …
2 Kor 10:5
… Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.
Ps 50:15
En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp …
2 Kron 20:15
… Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
- Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Morne Kruger
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
- Hoekom is gebed partykeer ‘n geveg. Gesels in julle groep hieroor.
- Hoe Veg ‘n mens in gebed?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan die woorde: “Veg en Bid”.
- Wat dink jy verhoed jou om te VEG wanneer jy Bid?
- Maak ekstra tyd hierdie week vir VEG en bid. Bid vir jouself en jou familie asook vir die Gemeente en die leierskap.