...


Aanbid
30 Oktober – 5 November 2022
Pastoor Renaldo Barnard

Welkom
• Verwelkom almal
• Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/

Woord

  1. Gebed: Open met gebed.
  2. Lees:

 Psm 150:6
Laat ALLES wat ASEM het, die Here LOOF!

 Open 5:13
En ELKE SKEPSEL … het ek HOOR sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die LOF en die EER en die HEERLIKHEID en die KRAG tot in alle ewigheid!

 Dan 5:22
Maar u … alhoewel u dit alles WEET.

 Dan 5:18
Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en GROOTHEID en HEERLIKHEID en MAJESTEIT gegee.

 Dan 5:20
Maar net toe sy hart hom VERHEF het en sy gees VERHARD is om oormoedig te wees … die heerlikheid is hom ONTNEEM.

 Dan 5:21
… is uit die mense VERSTOOT … totdat hy ERKEN het dat die allerhoogste God MAG het …

 Dan 5:22
Maar u, Bélsasar, sy seun, het u HART NIE VERNEDER nie, alhoewel u dit ALLES WEET …

 Dan 5:27
… u is op die WEEGSKAAL geweeg en te LIG BEVIND.

 Dan 4:34
… Nebukadnésar … my VERSTAND het in my TERUGGEKEER, en ek het die Allerhoogste GELOOF en Hom wat ewig lewe, GEPRYS en GEëER …

 Jona 2:2
… Uit my BENOUDHEID het ek die Here AANGEROEP, en Hy het my VERHOOR … U het my STEM GEHOOR.

 Jona 2:9
Ek DAARENTEEN sal aan U offer met ‘n stem van LOF … Die heil behoort aan die Here.

 Jona 2:10
DAAROP het die Here die vis BEVEEL om Jona op die DROë GROND UIT TE SPUUG.

  1. Kyk: Kyk na die video deur Pastoor Renaldo Barnard
  2. Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
  3. Gesels in julle groep oor Aanbidding.
  4. Hoe en Waar kan ons God aanbid?
  5. Hoekom is aanbidding so belangrik vir die mens?
  6. Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.

Werke en vrae:

Dink aan die woorde: “Aanbid”.

  1. Wat dink jy verhoed jou om God te Aanbid?
  2. Maak ekstra tyd hierdie week vir Aanbidding. Loof en Prys God in Aanbidding vir jouself en jou familie asook vir die Gemeente en die leierskap.
Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.