Gees of Vrees – Deel 1:

 

2 Tim 1:7 (53)

Want God het ons nie ‘n GEES van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en LIEFDE en selfbeheersing.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Waar kom Vrees vandaan? b) Hoekom Vrees ons so baie en so gou?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

‘n Gees van KRAG

 

Num 14:24 (53)

Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy VOLHARD het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in BESIT neem

‘n Gees van VREES

 

Num 14:9 (53)

Wees net nie teen die Here OPSTANDIG nie, en wees julle nie bevrees … nie, want … die Here is met ons. Wees nie BEVREES … nie! 

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons weet dat Vrees nie van God af kom nie. Tog is ons omring deur mense en situasies wat deur Vrees gedrewe word. Ons media is ingestel om elke oomblik van elke dag Vrees te proklameer. Ons word beïnvloed deur die omstandighede, mense en media elke dag. So het Kaleb ook Vrees beleef en dit op die gesigte van die mense om hom gesien. Hy het egter gekies om nie toe te laat om die Vrees wat hy rondom hom ervaar hom verander en hom ook laat Vrees nie. God bevestig in die Bybel dat Hy nie vir ons ‘n Gees van Vrees gegee het nie, maar ‘n Gees van Krag. Ons hoef nie te Vrees nie.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom het Kaleb “’n Ander Gees” in hom gehad?
  • Hoe kan ons ook hierdie Gees in ons kry?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Hoe wil die Vader jou Vrees verander?
  2. Hoekom het jy nodig om jou Vrese na God toe te bring?