Gees of Vrees – Deel 2: 

II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53

Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor: 

  1. a) Het jy al spesiale Wapenrusting aangetrek? Vertel meer                                                                                                                       b) Hoe kry ons ons Geestelike Wapenrusting?

WOORD:

  • Gebed: 

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  • Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG: 

EFE 6:10-17 (DB)

Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat.

As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak.

Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. 

Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak,  julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees.

Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen: die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm. 

Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees. Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan. 

Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer.

 

  • Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons stryd in hierdie lewe is soms teen vlees en bloed, maar selfs hierdie stryd word meeste kere gebore uit ons stryd teen die bose en sy magte. Elke soldaat het ‘n Wapenrusting nodig om hom/haar veilig te hou in ‘n geveg met ‘n vyandige nasie, net so het ons ook ‘n Geestelike Wapenrusting nodig om ons veilig te hou teen die aanvalle van ons vyand, die duiwel. Hierdie Wapenrusting word vir ons gegee, maar ons moet dit elke dag aantrek en gebruik. 

Hier volg die name van ons Geestelike Wapenrusting:

  1. GORDEL VAN DIE WAARHEID
  2. SWAARD VAN DIE GEES
  3. BORSHARNAS VAN GEREGTIGHEID
  4. SKILD VAN GELOOF
  5. HELM VAN VERLOSSING
  6. SKOENE VAN BEREIDHEID

 

  • Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor: 
  • Hoekom moet ons ons Wapenrusting elke dag aantrek? 
  • Hoekom beskerm ons Geestelike Wapenrusting nie ons rug nie? 

 

  • Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.  

  1. Gesels met God oor jou Geestelike Wapenrusting. Waar het jy beskerming die nodigste?
  2. Trek elke dag jou Geestelike Wapenrusting aan en bid oor elke kledingstuk wat jy aantrek?

.