Gees of Vrees – Deel 3:

II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53

Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Waar kom Liefde vandaan? Vertel meer                                                                                                                       b) Hoekom is Naasteliefde so belangrik?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

1 Kor 13:1-2 (53)

Al sou ek die TALE van mense en engele SPREEK, en ek het nie die LIEFDE nie, dan het ek ‘n KLINKENDE metaal of ‘n luidende simbaal geword.  en al sou ek al die GELOOF hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die LIEFDE nie, dan sou ek niks wees nie

1 Kor 13:3 (53)

En al sou ek al my goed UITDEEL, en al sou ek my liggaam oorgee … en ek het nie die LIEFDE nie, dan sou dit my niks baat nie

1 Kor 13:7 (53)

(ware Liefde) … Dit BEDEK alles, GLO alles, HOOP alles, VERDRA alles. 

1 Kor 13:13 (53)

En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die GROOTSTE hiervan is die LIEFDE.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

2 Tim 1:7 sê dat God het vir ons ‘n Gees van Krag, Liefde en Selfbeheersing gegee. Liefde word uitgedruk as ‘n Gees van Liefde. Hierdie liefde, of ware liefde kom nie vanself nie, dit word nie gebore vanuit ons alledaagse bestaan nie. Hierdie liefde kry ons vanuit God. GOD IS LIEFDE.  Dit is wie Hy IS. Sy Gees lewe ook in ons wanneer ons Hom innooi in ons lewens. Sy liefde oorweldig ook ons lewens. Ons kan ook liefde WEES. God vra dat ons Sy liefde, Sy ware liefde, met ander sal deel.

Vrees hou ons terug en veroorsaak dat ons sukkel om te waag of met moedigheid op te tree. So ook in die liefde. Vrees kan veroorsaak dat ons nie ander lief wil hê nie. Ook ons verlede, spesifiek ons teleurstellings in die verlede, weerhou ons van ware liefde. Tog vra God ons om hierdie verlede vir Hom te gee en om Hom toe te laat om ons toekoms te rig. Gee jou vrees oor liefde vir Hom en laat Hom toe om deur Sy Gees jou weer ware liefde te wys.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Waar kry ons ware liefde en hoe kan ons dit aan ander gee?
  • Hoekom gee God vir ons ‘n “Gees” van Liefde?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Gesels met God oor Sy liefde vir jou en jou liefde vir Hom.
        2. Wie moet jy hierdie week bedien met liefde?