II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53
Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Wat beteken Selfbeheersing? b) Hoekom is die nie altyd maklik om Seldbeheersing toe te pas nie?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
2 Tim 1:7 (53)
Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid (SWAKHEID) gegee nie, maar van krag en LIEFDE en SELFBEHEERSING. (om reg te besluit ABA)
Spr 25:28 (83)
‘n Stad sonder ‘n muur om hom te BESKERM, so weerloos is ‘n mens as hy nie SELFBEHEERSING het nie.
“’n Stad sonder ‘n muur.” So beskryf Salamo die mens wat nie Selfbeheersing het nie. Ons sien elke dag om ons die gevolge van mense wat nie met Selfbeheersing optree nie. Ons sien die skade wat hierdie optrede bring, hierdie skade vernietig gees, siel en liggaam. Wanneer ons Selfbeheersing as wapen aanwend beskerm dit ons en kan ons veilig voel.
Volgens 2 Tim 1:7 kom Selfbeheersing nie natuurlik nie. Volgens hierdie teks word “’n Gees van Selfbeheersing” vir ons gegee. Ons hoef nie te Vrees nie, want ons het die Gees van Selfbeheersing ontvang. Ons kan dus nie Selfbeheersing vanuit onsself verkry nie, ons leef en beweeg met Selfbeheersing omdat dit ‘n Gawe van God is. Hierdie Gawe het God deur Sy Gees aan ons gegee.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.