Geld, Mag en Seks

Deel 2:

Geld, Mag en Seks

 

Deel 2:

 

1 Joh 2:15-17 (53)

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) As jy oornag een nuwe vaardigheid (soos ‘n taal, ‘n instrument bespeel, of ‘n ambag) perfek kon bemeester, wat sou dit wees en hoekom? b) Wat is die slegste of snaaksste ding wat jy al ooit gekoop het wat op die ou end ‘n totale mors van geld was?

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Matt 25:16,18 (53)  … die een … het daarmee gaan WERK en vyf ander talente GEWIN. Maar … die (ander) een … het (dit) in die grond gaan (be) GRAWE en die geld van sy heer WEGGESTEEK.

 

Deut 8:18 (83) … jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die KRAG (vermoë) GEE om die rykdom te verwerf. 

 

2 Kon 4:1 (83) ‘n Vrou … “My man is dood … Nou het die SKULDEISER gekom om (ons) SLAWE te maak.” 

 

2 Kon 4:2 (83) Elisa het vir haar gesê: “Ek sal jou HELP. Sê vir my: WAT het jy in jou huis?” Sy het geantwoord: “Ek het NIKS in die huis nie behalwe….” 

 

2 Kon 4:7 (83) Hy het gesê: “Gaan VERKOOP die olie en BETAAL jou skuld

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

In Deel 1 het ons geleer dat God die Eienaar is en ons die bestuurders (rentmeesters). Hierdie week kyk ons na die praktiese kant van daardie bestuur. Ons word dikwels deur die “begeerlikheid van die oë” (geld) verlei en beland in finansiële slawerny, net soos die weduwee in 2 Konings 4 wie se skuldeiser voor die deur gestaan het.

 

God gee vir ons die vermoë (krag) om rykdom te verwerf (Deut 8:18), maar Hy verwag dat ons met ons talente moet WERK en dit nie wegsteek nie (Matt 25). Die profeet Elisa het nie net vir die weduwee geld gegee nie; hy het gevra: “Wat het jy in jou huis?” Hy het haar gehelp om te gebruik wat God reeds in haar hande geplaas het om haar skuld te betaal en vry te kom.

 

Om goeie bestuurders te wees en uit die wêreld se finansiële strikke te bly, moet ons hierdie vyf praktiese beginsels toepas:

 

  1. Neem aksie in geloof:

Jak 2:26 (53) – Want soos die liggaam sonder gees DOOD is, so is ook die geloof sonder die WERKE dood. (Ons kan nie net bid vir voorsiening nie; ons moet aktief werk met wat ons het).

 

  1. Bereken vir elke rand:

Luk 14:28 (53) – Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste BEREKEN, of hy die MIDDELE het om dit uit te voer nie? (‘n Begroting is kardinaal).

 

  1. Verklaar oorlog teen skuld:

Spr 22:7 (NLV) – Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld LEEN die SLAAF van die man by wie hy leen.

 

  1. Skerp jou vaardigheid op:

Spr 22:29 (53) – Sien jy ‘n man wat VAARDIG is in sy werk — hy kan voor KONINGS staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie (Pred 10:10).

 

  1. Bou die mure van selfbeheersing:

Spr 25:28 (83) – ‘n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so WEERLOOS is ‘n mens as hy nie SELFBEHEERSING het nie.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  1. a) Die profeet vra: “Wat het jy in jou huis?” As jy na jou eie lewe kyk, watter vaardighede, talente of “olie” het God reeds in jou hande geplaas wat jy beter kan gebruik of opskerp? b) Watter een van die 5 punte hierbo (Bv. begroting uitwerk, oorlog verklaar teen skuld, of selfbeheersing toepas) is tans vir jou die moeilikste om te leef, en hoe kan die groep jou daarin ondersteun?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  • Bely voor die Here enige areas waar ‘n gebrek aan selfbeheersing daartoe gelei het dat jy ‘n slaaf van skuld geword het.
  • Vra die Here om jou die geloof (en die werke) te gee om vorentoe met wysheid te begroot, jou vaardighede op te skerp, en die talente wat Hy jou gegee het met vrymoedigheid te gebruik sodat jy Sy wil kan doen wat vir ewig bly.