1 Joh 2:15-17 (53)
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM
Â
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Â
WOORD
Â
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Â
Lees:Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
Spr 3:5-6 (NLV)Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.
Rom 12:2 (53)                                                                                                                     En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Joh 12:24 (53)                                                                                                        Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
Luk 8:14 (NLV)                                                                                                         “Die saad tussen die onkruid is mense wat die boodskap hoor en ook aanvaar, maar tog te gou word dit verdring deur die sorge en rykdom en plesiere van hierdie lewe. En só groei hulle nooit tot volwassenheid nie.”
Â
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Â
In hierdie reeks leer ons dat God die Eienaar is en ons die bestuurders. In Deel 3 kyk ons dieper na die “Wil van God” (thélÄ“ma – God se voorkeur-wil of beste aanbod). Die wêreld, met sy sorge, rykdom (geld) en plesiere (seks/mag), lok ons dikwels weg van God se wil af en keer dat ons volwasse word en vrug dra.
Â
Jesus leer ons in Johannes 12 dat ‘n koringkorrel in die grond moet val en sterf om vrug te dra. Net so moet ons “sterf” aan onsself en weier om aan hierdie wêreld gelykvormig te word (Rom 12:2). As die Saad (God se Woord) in ons lewens val, moet ons waak dat dit nie verdring word deur die gejaag na aardse dinge nie. Ons roeping is om soos ‘n boom by waterstrome te wees (Ps 1) – gewortel in God, sodat ons op die regte tyd vrug dra en die Vader verheerlik (Joh 15:8).
Â
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
WORSHIP
Â
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.Â
Â
WERKE en vrae:
Â
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Â
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â