Geld, Mag en Seks
Deel 5:

1 Joh 2:15-17 (53)

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal neem.

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Vertel van ‘n keer wat jy as kind in die moeilikheid beland het omdat jy verveeld was en nie besig was met dít wat jy eintlik moes doen nie?

b) Wat is ‘n daaglikse versoeking of “guilty pleasure” waarvoor jy soms te maklik swig (bv. te veel sjokolade eet, sosiale media, ens.)?

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

2 Sam 11:1-2 (83) 

In … die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om OORLOG te maak, het Dawid … in Jerusalem AGTERGEBLY Van die dak af het hy ‘n vrou sien bad. Sy was ‘n baie mooi vrou. 2 Sam 11:4 (83)                                                                                             

Dawid het toe amptenare GESTUUR en haar laat HAAL … Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap2 Sam 11:27 (83)                                                                                                                   

Sy het sy vrou geword en vir hom ‘n seun in die wêreld gebring. Maar wat Dawid GEDOEN het, was VERKEERD in die oë van die Here. 2 Sam 12,13 (83) 

                                                                   

So sê die Here: Van nou af gaan Ek uit jou eie huis ELLENDE oor jou bring… Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het GESONDIG teen die Here.” En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde VERGEWE: jy sal nie nou sterwe nie

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

In hierdie reeks leer ons van die verskil tussen God se weë en die wêreld se weë. Ons kyk ook na die leuen van eienaarskap en die waarheid van rentmeesterskap.

 

In Deel 5 kyk ons spesifiek na Mag en Beheer. Ons kyk na Dawid in hierdie les en sien hoe hy verkeerd gewerk het met sy magsposisie  en homself oorgegee het aan die begeerlikheid van die vlees.

 

Dawid was veronderstel om as koning op die slagveld te wees, maar het agtergebly en homself oopgestel vir versoeking. Hierdie versoeking het daartoe gelei dat hy nie net by Batseba geslaap het nie, maar ook sy mag misbruik het om haar te laat haal. Hy het ook dit so bewerk dat haar man in die oorlog moes sterf, sodat hy met Batseba kan trou.

 

God was ontevrede met Dawid se sonde en dade. Tog leer ons ook van God se wonderlike genade toe Dawid besef het hy het gesondig, sy sonde bely het, en vergifnis van die Here ontvang het.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

a) Dawid se val begin by die feit dat hy in Jerusalem agtergebly het in plaas daarvan om by die oorlog te wees. Hoe plaas ons onsself vandag soms in situasies of plekke (fisies of op die internet/sosiale media) wat ons onnodig aan vleeslike versoekings blootstel?

b) Toe Natan vir Dawid konfronteer, is sy onmiddellike reaksie: “Ek het gesondig teen die Here.”. Hoekom is dit so moeilik vir ons om eienaarskap van ons sondes te neem, en wat leer God se onmiddellike vergifnis ons in hierdie gedeelte?

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  • Bely voor die Here enige areas waar jy toegegee het aan die begeerlikheid van die vlees, en waar jy dalk toegelaat het dat jou gedagtes of optrede onrein raak of afdwaal.
  • Vra die Here om jou te help om foute en sondes eerlik voor Hom te bely. Dank Hom vir Sy getrouheid om, net soos by Dawid, met onmeetbare genade en vergifnis te reageer wanneer ons opreg na Hom toe draai.