Geld, Mag en Seks

Deel 1:

Geld, Mag en Seks

 

Deel 1:

1 Joh 2:15-17 (53)

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie … die begeerlikheid van die VLEES (seks) en die begeerlikheid van die OË (geld) en die grootsheid van die lewe (mag) … is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die WIL van God doen, bly vir EWIG.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Dink aan ‘n keer toe jy na iemand anders se huis, motor, of troeteldier moes kyk terwyl hulle met vakansie was. Het jy anders (meer versigtig of verantwoordelik) daarmee gewerk as wat jy met jou eie dinge sou werk?         

b) As jy vandag ‘n groot bedrag geld sou ontvang om te bestuur namens ‘n anonieme skenker wat die wêreld wil verbeter, wat is die eerste ding wat jy daarmee sou doen?

 

WOORD

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Gen 1:1 (53)  In die begin het God die hemel en die aarde GESKAPE.                                                                                         

Gen 2:5 (53) … daar (was) … geen struike in die veld … en geen plante van die veld … want die Here God het nog nie laat reën op die aarde nie … (want) daar was GEEN mens (bestuurder) om die GROND te BEWERK nie. 

 

Gen 1:26,28 (53) Laat Ons mense maak na ons BEELD … en laat hulle HEERS … En God het hulle GESEËN, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder …

 

Gen 2:15 (53) Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te (1) BEWERK en te (2) BEWAAK.

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons lewe dikwels met ‘n fundamentele wanopvatting: Ons glo die LEUEN van eienaarskap bo die WAARHEID van rentmeesterskap. Wanneer ons dink ons is die eienaars van ons geld, bates en tyd, word ons maklik vasgevang in die begeerlikheid van die oë (geld) en die grootsheid van die lewe (mag). Ons begin die wêreld liefhê. Maar 1 Johannes herinner ons dat hierdie dinge tydelik is en verbygaan.

 

Die vraag wat ons onsself moet afvra is: Aan wie behoort my geld werklik?

Gen 1, gee vir ons die antwoord: “In die begin het God geskape.” Omdat Hy die Skepper is, is Hy die absolute Eienaar van alles. God het die mens geskep, nie as eienaars nie, maar as bestuurders (rentmeesters). In Genesis 2 sien ons dat God die aarde terughou totdat daar ‘n “bestuurder” was om die grond te bewerk.

 

God se opdrag aan ons as bestuurders bestaan uit twee aksies:

  • Bewerk (Avad): Die aktiewe instandhouding en ontwikkeling van bates. Dit beteken om ‘n hulpbron beter agter te laat as wat jy dit gekry het. Ons moenie passief wees met wat God vir ons gee nie.
  • Bewaar (Shamar): Die beskerming en bewaking van hulpbronne teen verlies, vermorsing of wanbestuur.

 

Opsommend:

Die Wêreld se Manier (Eienaarskap)

God se Manier (Rentmeesterskap)

Fokus: Dit is myne en ek het die reg daarop.

Fokus: Dit is God s’n, ek is net die bestuurder.

Motief: Begeerlikheid van die oë en mag.

Motief: Om die WIL van God te doen.

Aksie: Gebruik en verbruik vir myself.

Aksie: Bewerk (Avad) en Bewaak (Shamar).

Resultaat: Die wêreld en sy dinge gaan verby.

Resultaat: Hy wat God se wil doen, bly vir EWIG.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

a) Hoe verander jou perspektief op jou daaglikse werk, jou inkomste en jou uitgawes as jy jouself as ‘n bestuurder (rentmeester) van God se bates begin sien, in plaas van die eienaar?                                                                                                 

b) Prakties gesproke, wat is een manier hoe jy in hierdie seisoen jou finansies of gawes beter kan “Bewerk” (ontwikkel) en “Bewaak” (beskerm teen vermorsing)?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  • Vra die Here om jou te vergewe vir die tye wat jy geglo het dat alles aan jou behoort.                                                                                                                        
  • Vra die Here om jou oë oop te maak vir die dinge in jou lewe wat jy tans moet “Avad” (ontwikkel) en “Shamar” (bewaak). Wat het Hy in jou hande geplaas wat jy beter moet bestuur ter wille van Sy koninkryk?