Joh 13:9 (NLV)
… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Eks 17:8-9 (53)
Daarop het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg. En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
Eks 17:10 (NLV)
Josua het gemaak soos Moses vir hom gesê het. Hy het teen Amalek gaan veg. Intussen het Moses, Aäron en Hur teen die koppie uitgeklim.
Eks 17:11 (NLV)
Solank Moses sy hand in die lug opgehou het, was Israel aan die wenkant. Sodra hy sy hand laat sak het, het die Amalekiete die oorhand begin kry.
Eks 17:12-13 (NLV)
Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het. Josua kon toe Amalek en sy volk verpletterend verslaan.
Eks 17:14 (83)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in ‘n boek as ‘n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.”
Eks 17:15 (CAB23)
En Moses het ‘n altaar gebou en dit JaHWeH-Nissi (Die Here is my banier) genoem.
Hierdie verhaal in Eksodus 17 is vir almal van ons belangrik. Soos Moses in die storie het ons helpers nodig soos Aaron en Hur om ons hande in die lug te hou. Elkeen van ons se hande kan net so lank met ons eie krag in die lug opgehou word, maar met die hulp van andere kan ons ons hande baie langer in die lug hou.
Ons is op tye soos Aaron en Hur en ons moet iemand anders se hande in die lig hou. God vra ons om iemand anders te ondersteun, hierdie persoon se visie of droom te laat ‘n werklikheid word. Aaron en Hur was daar net vir ondersteuning. Hulle kon nie regtig raadgee of enige opinies lig nie, hulle was net daar om Moses se hande in die lug te hou. So moet ons ook baie keer beskikbaar wees vir die mense in ons lewe om net te ondersteun. Dit is belangrik om te besef dat wanneer ons nie ondersteun nie, daar gevolge plaasvind wat nadelig vir almal is.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.