Joh 13:9 (NLV)
… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Joh 13:4-5 (NLV)
Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was.
Joh 13:8 (NLV)
Petrus se onmiddellike reaksie was: “U sal tot in ewigheid nooit mý voete was nie!” Jesus antwoord hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.
Joh 13:9 (NLV)
Simon Petrus vra Jesus toe: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en kop.”
Joh 13:10 (NLV)
Jesus sê vir hom: “Iemand wat klaar gebad het, is heeltemal skoon, behalwe om nog sy voete te was. En julle is mos reeds skoon – nee, tog nie almal nie.”
Joh 13:12 (NLV)
Nadat Jesus hulle voete klaar gewas het, het Hy sy bo-klere aangetrek en weer aangelê by die ete. Hy sê toe vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?
Die was van voete was ‘n belangrike gebruik in die Antieke Tyd. Gewoonlik wanneer jy gaste oorgenooi het vir ete sou jy ‘n dienskneg gevra het om jou gaste se voete te was. Jesus het vir die dissipels gevra om alles te reel vir hulle laaste maal saam. In die fynste detail het Jesus die dissipels opdrag gegee hoe om alles reg te kry. Hy het hulle egter nie gevra om iemand te reel om voete te was nie.
Hy wou graag hierdie funksie self verrig het. Hy wou vir Sy dissipels wys hoe ‘n dienskneg behoort op te tree. Jesus is ‘n dienskneg en so moet elke dissipel ook optree. Jesus het ook die voorbeeld van ‘n dienskneg gesindheid vir ons kom uitbeeld. Hy vra ons elkeen om die mense om ons se voete te was.
Voete was lyk in ons moderne wêreld wel anders as in die Antieke tye. Ons dienskneg gesindheid word na ander behoeftes van die mense om ons uitgebrei. Voete was in vandag se tyd kan wees: Die dien by jou kerk op ‘n Sondag, of die telefoon oproep na ‘n siek lidmaat in jou gemeente.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.