Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Jesus, Was My Voete, Hande en Kop – Deel 3:

 

Joh 13:9 (NLV)

… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Het jy al gewonder wat se orgaan is die mees belangrikste in die mens se liggaam? Watter orgaan dink jy is dit? b) Hoekom praat die Bybel so baie oor die hart van die mens?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Jer 17:9 (83)

Die hart is BEDRIEGLIKER as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 

 

Jer 17:10 (83)

Ek, die Here, DEURGROND en toets hart en VERSTAND, Ek laat die mens kry wat hy VERDIEN, wat hom toekom vir wat hy doen. 

 

Luk 6:45 (NLV)

’n Goeie mens bring GOEIE DADE voort uit ’n goeie hart (en VERSTAND), en ’n slegte mens bring slegte dade voort uit ’n bose hart. Wat ook al in jou hart leef, BEPAAL wat jy sê (en doen)” 

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Jou hart is vir God belangrik. Toe Samuel die nuwe koning oor Israel moes salf, het God na elke seun wat voor Samuel verskyn het gesê dat Hy na die hart kyk en nie na die uiterlike nie. Dawid het ‘n hart na God se hart gehad en daarom het God Dawid gekies. Net so kyk God na ons elkeen se hart en dit is ons hart wat God verkies. God gee nie om na die voorkoms nie.

 

Ons harte het ook nodig om gewas te word. Soms is dit nodig dat ons harte ‘n bloedoortaping moet kry. Dit is nodig dat God se bloed deur ons harte moet vloei. God was ons harte in Sy bloed en ruil ons harde klip harte vir sagte Geesvervulde harte.

 

Het jy al Hom toegelaat om jou hart te was?

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom het God jou hart nodig en hoe gebruik Hy jou hart?
  • Hoekom is jou hart so belangrik vir God?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Gesels met God oor jou eie voete, hande en kop wat gewas moet word.
  2. Wat moet jy in hierdie week met jou hart doen?