Joh 13:9 (NLV)
… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Hoekom was die was van voete so ‘n belangrike gebruik in die Antieke tye? b) Hoekom het Jesus die dissipels se voete gewas?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Johannes 13:5-17
⁵ Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
⁶ Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?”
⁷ En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.”
⁸ Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!”
Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
⁹ Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.”
¹⁰ En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.”
¹¹ Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”
¹² Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?
¹³Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
¹⁴ As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
¹⁵ Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
¹⁶ Dít verseker Ek julle: ‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ‘n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
¹⁷ Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”
Die was van voete was ‘n belangrike gebruik in die Antieke Tyd. Gewoonlik wanneer jy gaste oorgenooi het vir ete sou jy ‘n dienskneg gevra het om jou gaste se voete te was. Jesus het vir die dissipels gevra om alles te reel vir hulle laaste maal saam. In die fynste detail het Jesus die dissipels opdrag gegee hoe om alles reg te kry. Hy het hulle egter nie gevra om iemand te reel om voete te was nie.
Hy wou graag hierdie funksie self verrig het. Hy wou vir Sy dissipels wys hoe ‘n dienskneg behoort op te tree. Jesus is ‘n dienskneg en so moet elke dissipel ook optree. Jesus het ook die voorbeeld van ‘n dienskneg gesindheid vir ons kom uitbeeld. Hy vra ons elkeen om die mense om ons se voete te was.
Voete was lyk in ons moderne wêreld wel anders as in die Antieke tye. Ons dienskneg gesindheid word na ander behoeftes van die mense om ons uitgebrei. Voete was in vandag se tyd kan wees: Die dien by jou kerk op ‘n Sondag, of die telefoon oproep na ‘n siek lidmaat in jou gemeente.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.