Jesus, Was My Voete – Deel 2:

Joh 13:9 (NLV)

… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoe lyk “Voete Was” in ons moderne tyd?                                                                                                                      b) Sou jy toegelaat het dat Jesus jou voete was? (Ja/Nee) Hoekom?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Joh 13:9 (NLV)

… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”

Joh 13:8 (NLV)

… Jesus antwoord hom: “As Ek jou nie WAS nie, het jy nie DEEL aan MY nie.” 

Joh 13:7 (NLV)

Jesus antwoord hom: “Wat Ek BESIG is om te doen, VERSTAAN jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit VERSTAAN.” 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Die was van voete was ‘n belangrike gebruik in die Antieke Tyd. Gewoonlik wanneer jy gaste oorgenooi het vir ete sou jy ‘n dienskneg gevra het om jou gaste se voete te was. Jesus het vir die dissipels gevra om alles te reel vir hulle laaste maal saam. In die fynste detail het Jesus die dissipels opdrag gegee hoe om alles reg te kry. Hy het hulle egter nie gevra om iemand te reel om voete te was nie.

Jesus wou Sy dissipels leer dat niemand wat hom/haarself ‘n dissipel noem belangriker as ander mense is nie. Jesus leer Sy dissipels dat om ‘n dienskneg te wees vir die mense om hulle die belangrikste taak van ‘n dissipel behoort te wees. Jesus weet dat Sy dissiples nie op die oomblik verstaan wat Hy doen nie, maar hulle sal wel later besef wat Hy gedoen het vir hulle en hulle sou besef dat Hy die voorbeeld vir hulle gestel het. Deur Sy diensbaarheid, sou hulle leer om ook ware diensknegte vir ander te wees.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Wat beteken dit om ‘n dienskneg vir ander mense te wees?
  • Hoe kan ons die mense om ons beter dien?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Gesels met God oor jou eie voete wat gewas moet word.
        2. Wie se voete kan jy was in hierdie week?